Oudlanddros wag tans op regshulp
Die beskuldigde het nog nie 'n brief aan die owerhede gerig oor sy onvermoë om vir sy eie regskoste te betaal nie.
Denver Kisting
Drie jaar nadat 'n oudlanddros, mnr. Jaco Marius Kennedy, en 'n vriend glo 'n vrou om die beurt verkrag het, het hy gister die hoërhof in Windhoek vertel hy wag op regshulp ná sy geld opgedroog het.
Volgens Kennedy het hy besluit om in dié stadium sy eie verdediging te behartig tot hy 'n antwoord van die regshulpdirektoraat ontvang.
Nadat regter Nate Ndauendapo hom verder gepols het, het dit egter bekend geword Kennedy het nog nie aan 'n versoek van die direktoraat voldoen om 'n brief te skryf oor sy onvermoë om vir sy eie regskoste te betaal nie.
'n Beampte van die direktoraat wat in die hof was, het gesê hulle wag op Kennedy se brief voor hulle die aansoek kan verwerk.
Wat ook aan die lig gekom het, is dat 'n vorige staatsgefinansierde prokureur wat aan hom toegeken is sy dienste onttrek het weens 'n botsing van belange.
Kort ná die beweerde groepverkragting is berig Kennedy en sy vermeende makker, mnr. Ray Cloete, het die vrou glo naby die mediese kampus van die Universiteit van Namibië (Unam) aangeval.
Die kampus is tussen die Windhoek Sentrale Hospitaal en die Katutura-staatshospitaal geleë.
Albei beskuldigdes was 28 jaar oud ten tyde van
hul inhegtenisname in Januarie 2015.
Daar word beweer die twee Khomasdal-inwoners het glo die oorlewende (wat toe 43 jaar oud was) 'n saamrygeleentheid uit die middestad aangebied. Die vrou, wat toe 'n vier maande oue baba gehad het, het glo gedink hulle neem haar uit die middestad na haar huis in Otjomuise.
Volgens die klagstaat het die mans glo van die roete afgewyk, na die hospitaalpad gery en die vrou daar aangeval.
'n Veiligheidswag het glo gesien wat gebeur het en die polisie ontbied. Die beskuldigdes is op die toneel aangekeer.
Kennedy is steeds in aanhouding nadat hy verskeie kere onsuksesvol om borgtog aansoek gedoen het terwyl Cloete, wat deur mnr. Milton Engelbrecht verteenwoordig word, op borgtog uit is.
Die mans verskyn weer op 22 Maart vanjaar in die hof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie