Oudlanddros vasgetrek

Waaksame burgers help polisie

03 May 2021 | Misdaad
Die bekende oudlanddros en voormalige Namibiese rugbyspeler, mnr. Walter (Rooies) Mostert, is Saterdag omstreeks 10:00 by Tses in hegtenis geneem.

Hy was volgens beskikbare inligting onderweg na Gobabis.

Mostert word as 'n voortvlugtende beskou en was die afgelope bykans drie jaar in Suid-Afrika. Hy het verskeie kere aan Republikein gesê hy sal na Namibië ­terugkeer om sy onskuld te bewys. Namibië het 'n aansoek om uitlewering aan Suid-Afrika gebring.

Mostert staar klagte van bedrog, diefstal, korrupsie, afpersing, regsverydeling en die oortreding van die immigrasiewet in die gesig. Van die klagte behels 'n eiendomstransaksie waarin hy glo iemand om die bos gelei het, asook die vervalsing van immigrasiedokumente.

Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) was op Mostert se spoor en het ook Interpol se hulp in­geroep om hom vas te trek.

Die N$1,5 miljoen-eiendoms­transaksie in 2015 was vir 'n ­ontwikkeling op 3,6575 hektaar op Gobabis waarin mnr. Hendrik Schreuder belê het.

Bewerings teen hom sluit in dat Mostert die grond weer aan ander kopers verkoop het, en dat hy verskeie beweerde bedrieglike eiendoms­transaksies aangegaan en ­verblyfpermitte onwettig uit­gereik het.

Vier amptenare van binnelandse sake is ook in die ACC se ondersoek betrek.

Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het die arrestasie bevestig.

Sy sê die oudlanddros is sedert 2017 'n voortvlugtende wat vermoedelik in Suid-Afrika geskuil het, en na bewering op 30 April Namibië binnegesluip het.

“Betroubare en wetsgehoorsame bronne het die polisie gewaarsku wat tot sy inhegtenisneming Saterdagoggend net 'n paar kilometer van Tses, op pad vanaf Keetmanshoop, gelei het,” sê sy.

Mostert het blykbaar Vrydagnag by 'n gastehuis op Keetmanshoop oorgeslaap. Dit is hier waar iemand hom gewaar en die polisie en ACC in kennis gestel het.

'n Padblokkade is by Tses opgerig waar hy vasgetrek is.

Die vermoede is dat Mostert by sy ma, wat in 'n ouetehuis op Gobabis woon, besoek wou gaan aflê.

Volgens Shikwambi sal Mostert vandag in die Windhoekse landdroshof verskyn. Hy word by die Seeis-selle aangehou.

Soortgelyk

 

Ses sterftes, 177 nuwe gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar skuif met ses - vyf in Windhoek en een in Keetmanshoop -...

341 nuwe gevalle, een sterfte

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir die land staan op 683 ná die dood van 'n 52-jarige man van die Okakarara-distrik. Vandag is 341 nuwe gevalle aangemeld...

Britse miljardêr hoor Dinsdag oor borgtog

2 dae gelede | Howe

Mnr. Harvey Eric Boulter (51, foto), die Britse miljardêr en plaaseienaar van Kamanjab wat vandeesweek in die landdroshof op Outjo om borgtog aangesoek gedoen het,...

NBC-staking duur voort, 74 werknemers terug in die tuig...

2 dae gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug.Die voorsitter van...

Sinopharm deur WHO vir noodgebruik goedgekeur

2 dae gelede | Gesondheid

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die Sinopharm-entstof teen Covid-19 vandag vir noodgebruik goedgekeur. Die enstof wat saam met Covishield/AstraZeneca in Namibië in die land se immuniseringsveldtog...

Sewe toets positief by NIP-laboratorium

2 dae gelede | Gesondheid

Sewe mense het positief vir Covid-19 by die Nasionale Insitituut vir Patologie (NIP) se laboratorium in Windhoek getoets wat by die instituut se hoofkantoor geleë...

8 sterftes, 92 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar het met nog agt - drie elk in onderskeidelik Windhoek...

Self-management and its impact in leadership

3 dae gelede |

Gabrielle BotelhoSelf-management is the second pillar of emotional intelligence. It is a competency that is composed by the following abilities: self-control, trustworthiness, conscientiousness, adaptability, achievement...

A lawyer’s dream

3 dae gelede | Mense

Rivaldo KavangaIt is many Namibian law students’ and lawyers’ dream to start their own law firm. Henry Shimutwikeni has achieved this by establishing his own...