• Tuisblad
  • Sake
  • Ouditeur-generaal ondersoek August 26 se boeke
Ouditeur-generaal ondersoek August 26 se boeke
Ouditeur-generaal ondersoek August 26 se boeke

Ouditeur-generaal ondersoek August 26 se boeke

NAMPA
Die ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, het met 'n forensiese oudit van die boeke van August 26 begin, 'n maatskappy wat sedert 1998 nog geen rekenskap oor openbare fondse kon gee nie. August 26 en sy filiale is gereeld in die nuus vir hul gebrek aan verantwoordbaarheid, ten spyte van die feit dat hulle die ontvangers van regeringskontrakte ter waarde van miljoene Namibiese dollars is.

Die Namibiese ombudsman, John Walters, het verlede jaar in 'n ondersoek na die werksaamhede van die maatskappy bevind die opeenvolgende rade van August 26 het sedert sy inlywing op 14 Augustus 1998 nie jaarverslae aan portefeulje-ministers oorhandig nie. In die geval waar hulle dit wel gedoen het, het die portefeulje-ministers die jaarverslae nie aan die Nasionale Vergadering voorgelê nie.

Walters het 'n beroep op die minister van openbare ondernemings, mnr. Leon Jooste, gedoen vir gepaste optrede en stappe en wat 'n spesiale ondersoek insluit. Hy het ook aan eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en president Hage Geingob voorgestel dat die August 26-maatskappy se boeke ge-oudit word. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer