Oudbokskampioen Leon Spinks oorlede
Boks
Die Amerikaanse oudbokser Leon Spinks is Vrydag oorlede ná ’n lang stryd met kanker.
Spinks (67) het ’n Olimpiese goue medalje gewen en later ook vir Muhammad Ali geklop om die onomstrede swaargewig-wêreldkampioen te word.
Weens Covid-19-beperkings was slegs ’n paar van Spinks se naaste vriende en familielede teenwoordig tydens sy afsterwe.
“Leon het sy stryd met verskeie siektes met vasberadenheid geveg en het nooit sy kenmerkende glimlag verloor nie,” lui ’n verklaring wat deur ’n woordvoerder van die familie uitgereik is.
Spinks, wat bekend was vir sy glimlag met ’n gaping tussen sy voortande, het goud gewen in die ligswaargewigafdeling by die Olimpiese Spele in 1976 in Montreal.
Twee jaar later het hy die bokswêreld geskok toe hy in slegs sy agtste professionele geveg vir Ali verslaan het.
Ali het sewe maande later wraak geneem in ’n herontmoeting in New Orleans. Spinks het op net een ander geleentheid – in 1981 teen Larry Holmes – om die swaargewigkroon geboks, maar het verloor.
Hy het op die ouderdom van 42 as beroepsbokser uitgetree met ’n vertoningslys van 26-17-3.
– Reuters, Netwerk24
FOTO
In dié argieffoto van 15 Februarie 1978 is Leon Spinks op die aanval teen Muhammad Ali, tydens hul swaargewig wêreldtitelgeveg in Las Vegas. Foto Nampa/AP
Die oudbokser Leon Spinks is oorlede. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie