Oud word is nie vir sissies nie
“Oud word is nie vir sissies nie,” het my ma en pa altyd gesê en ons kinders het gegiggel. Ek het ook gegiggel toe twee van my kollegas met hul warm gloede begin het. Net soos ek gedink het dit is snaaks toe 'n vriendin se ma van haar “persoonlike somer” praat wanneer sy dan so 'n gloed kry.
Ek het egter nou die dag uitgevind dat dit glad nie snaaks is nie en dat ouderdom wel nie vir sissies is nie. Ek en vriende was by die Epupa Camp en wou vroeg die oggend na die kloof ry om die Suidwes-parakiete te gaan aanskou. Vier van ons het in een bakkie gery en ek het doodgewoon na die bakkie gestap en ingeklim. Die volgende oomblik het ek gedink ek gaan dood. Die woorde warm gloede is heeltemal te mak en kan nie beskryf wat ek deurgegaan het nie – “hot flushes” egter kom ietwat nader.
Die persoonlike somer in die Saharawoestyn gekoppel, met die vuur van die hel, was op my. Ek het my doodgeskrik. Ek moet bysê ek het onlangs 'n knie-operasie gehad (ja, nog 'n teken van die ouderdom), so ek kan nie hardloop nie. Ek het stadig en doodgewoon na die bakkie gestap en ingeklim. Ek was glad nie voorbereid nie. Daar was geen waarskuwing nie.
Nicky langs my was al deur dié hel en wou haar doodlag vir my.
“Welkom by die menopouse, susters,” was al wat sy aanvanklik uitgekry het.
Met daai jammer kyk in haar oë het sy verduidelik dat dit glo my nuwe normaal is. Ná wat vir my soos 20 minute gevoel het, was alles oor en verby. Ook sonder waarskuwing, want ek was op pad om uit te trek en sou baie simpel gelyk het sonder klere so vroeg in die oggend.
Vol selfvertroue het ek gedink dat ek nou voorbereid is en die “flushes” sal my nie weer laat skrik nie. Hoe verkeerd was ek. Die volgende een het my daai nag aangeval terwyl ek slaap. Doodonskuldig lê ek in die bed, toe dit voel asof ek in 'n swembad is, so natgesweet was ek. Die kombers is afgeskop, klere uitgepluk en uitgeput het ek terug in die bed geval. Skaars 'n sekonde later wou ek doodvries en moes die soektog in die donker nag na die klere en kombers begin.
Weereens was Nicky gereed met 'n nuusbrokkie.
“Wees bly dit was net een. Ek het gewoonlik 'n hele paar in een nag gekry,” sê sy die volgende dag en ek het gewonder hoe en of ek ooit weer genoeg slaap sal kry.
Maar dis nie net die “hot flushes” wat my so elke nou en dan laat weet hoe oud my lyf is nie, want in my kop is ek mos nou net so skuins oor 40.
Ek het in die laaste tyd nuwe beste vriende gemaak. Van hulle sluit my fisioterapeut in. Wel, van dié soort het ek nou twee – een vir my knie en die ander vir my tenniselmboog. Kan julle dit glo? Ek het eers een van daai in my linkerelmboog gehad en nou in my regterkant. Dit was vir my ewe onverwags, aangesien ek nog nooit tennis gespeel het nie. Maar nee, is aan my verduidelik, dit gebeur wanneer jy jou arm ooreis. Van die spiere se styftrek en die senings wat inflammasie kry, of so iets.
Dit kom glo wanneer jy skielik jou arm te veel gebruik. Soos as jy nou te veel op die selfoon besig is, of so. Ek dink dit is maar net nog 'n teken van die jare dat die vlerkies nou niks meer gewoond is nie en aanhoudend beurte vat om op te pak.
Ek sê nou die dag vir my pa dit voel asof my lyf effe styf is as ek soggens wakker word, asof hy so 'n tydjie nodig het om warm en wakker te word voordat ek dan nou as ek sou wou om die blok kan hardloop.
“Ja,” sê my pa. “Wees dankbaar dat jy nie méér pyn het nie en nog kan opstaan en die dag kan geniet. Maak die beste daarvan en geniet elke oomblik.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie