Oud-Wallaby wil stereotipes oor gay-wees afbreek
Rugby
Die oudrugbyspeler Dan Palmer is oorweldig deur al die ondersteuning wat hy ontvang het nadat hy in Oktober as’t ware uit die kas geklim en aangekondig het dat hy gay is.
Palmer (32), ’n stut in sy speeldae wat die Wallabies in een toets verteenwoordig het, het toe in ’n rubriek geskryf hoe hy met sielkundige probleme gesukkel het terwyl hy vrede probeer maak het met sy seksualiteit.
“Ek het honderde e-posse en boodskappe van mense uit alle uithoeke van die wêreld ontvang. Baie van hulle was openlik oor hul eie ervarings of dié van hul geliefdes,” sê Palmer.
“Dit maak ’n mens nederig om te dink dat my storie soveel mense aangeraak het. Ek hoop dit het op ’n manier gehelp.”
Palmer, wat in sy speeldae ook vir die Waratahs en Brumbies in Australië uitgedraf het, sê die besluit om eerlik oor sy seksualiteit te wees is geneem omdat hy stereotipes wil afbreek.
“Ek dink dit is belangrik om die idee van wat ’n rugbyspeler of ’n gay persoon is, uit te daag. Dit kan beslis moeilik wees, veral vir jonger mense, om sulke oënskynlik teenstrydige sienings van hulself te hê,” sê Palmer.
“Deur hierdie tipe stereotipes af te breek, kan ons dalk daarin slaag om ’n tipe diversiteit in rugby te kry en dit makliker vir mense maak om hulself te wees.”
Gareth Thomas, ’n voormalige kaptein van Wallis, is die enigste ander internasionale speler wat openlik gay is.
– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie