Oud SA-kolonel uit Soedan op pad huis toe
Hy was voorheen 'n kolonel in die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en sy vrylating is Woensdagaand wyd op Facebook-groepe aangekondig.
Alet van der Walt
“Ons is ongelooflik opgewonde omdat William huis toe kom,” sê Charmaine Endley Quinn, die suster van oudkol. William Endley.
Quinn sê dit is bevestig dat die 57-jarige Endley Donderdagoggend vrygelaat sal word en die regering in Suid-Soedan sal dan aankondig wanneer hy na Suid-Afrika sal kan vlieg.
“Hulle sal net seker maak hy is gesond, maar hy is sterk en behoort reg te wees om te kan vlieg.” het sy gesê.
Dit is nie seker of Endley na Johannesburg of Kaapstad sal vlieg nie.
Quinn en Endley se bejaarde ma, Myrtell Endley (76), woon in Kaapstad en hy sal moontlik reguit soontoe vlieg.
“Ons sal Donderdag by die departement van buitelandse sake (Dirco) hoor hoe die reëlings sal verloop om William in Suid-Afrika te kry,” sê sy.
Quinn sê die twee jaar en twee maande wat Endley in aanhouding was, was uitmergelend en die hele familie is nou baie emosioneel.
Endley het vier volwasse dogters en 'n minderjarige dogter en ook kleinkinders.
“Sodra dinge rustig is en hy sy voete gevind het, gaan ons 'n groot reünie hou. Almal beplan al reeds daaraan," sê sy.
Salva Kiir, president van Suid-Soedan, het Woensdag tydens 'n vredeseremonie in Juba gesê Endley, wat 'n raadgewer van die rebelleleier Riek Machar was, sal as deel van 'n vredesverdrag vrygelaat word.
Hy sal vrygelaat en na sy land gedeporteer word, het Kiir gesê.
James Gatdet, 'n woordvoerder van Machar, sal ook vrygelaat word.
Endley is deur die hof in Suid-Soedan ter dood veroordeel en was sedert Augustus 2016 in aanhouding.
Hy was voorheen 'n kolonel in die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en sy vrylating is Woensdagaand wyd op Facebook-groepe aangekondig.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie