Oud-Bok 'n aanwins by oefenkamp
Atletiek
Andrew Poolman - Die ondervinding van Deon Brummer, voormalige Springbok in die middelafstande, was 'n onverwagse aanwins vir die Quinton-Steele Botes oefenkamp en afrigtingskliniek wat gister in Windhoek afgesluit het.
Brummer se mededinging in die middelafstande gedurende die 1980's en vroeë 1990's met manne soos Johan Fourie, Henning Gericke en Mathews Temane was 'n hoogtepunt van Suid-Afrikaanse atletiek gedurende dié era.
So stil-stil het Brummer hom egter 'n paar jaar gelede op Outjo tuisgemaak en hy het die uitnodiging aanvaar om die afgelope vier dae sy ondervinding in die 26ste jaarlikse oefenkamp terug te ploeg.
“Ek het ná my uittrede nooit in Suid-Afrika afgerig nie en het maar 'n lae profiel gehandhaaf toe ek in Namibië kom woon het, maar toe vang hulle (die atletiekmense) my uit, so hier is ek nou.
“Ek was nie seker wat om met die eerste deelname te verwag nie en het maar redelik uit die heup geskiet deur staat te maak op my eie ondervinding, maar dit was lekker. Ek glo ons het vordering gemaak, veral met die oordra van die basiese beginsels en 'n paar tegniese aspekte wat die atlete nie in die gewoonte is om te oefen nie.”
Hoewel nie baie atlete in die middel- en langafstande ingeskryf het nie, is Brummer tog opgewonde oor die afrigters wat in dié dissiplines die kursus afgelê het.
“Ek het byvoorbeeld een hardloper uit die noorde in die 5 000 meter 'n 800 laat hardloop, wat toe heel belowend gelyk het. Ons moet net die regte atlete in die regte items identiseer en seker maak hulle kry die regte opleiding. Die rou talent is hier, maar baie werk lê nog voor,” sê Brummer.
Die hooforganiseerder van die oefenkamp, me. Leoni van Rensburg, sê vanweë die feit dat die geleentheid so vroeg ná die Nuwejaar aangebied is, was sy vooraf ietwat bekommerd dat minder atlete as gewoonlik sou opdaag.
“Ons het in totaal omtrent 150 atlete gehad wat wel minder as tevore is, maar al die instrukteurs was tevrede en reken dat die gehalte van deelnemers op 'n goeie vlak was.
“Van die kinders en die ouers se kant kry ons ook goeie terugvoering oor die insette wat die instrukteurs oor die laaste vier dae gelewer het.
“Sonder die insette van borge soos Avis, Marathon Sugar, Bank Windhoek, Safari Hotel, Pick n Pay, Food Lovers MarketOTB Sport en Caterserve sou dit nie moontlik wees om die oefenkamp en afrigtingskliniek van sulke goeie gehalte te hou nie.”
Onder die leiding van gesoute instrukteurs soos Jonathan Greyvenstein (hoogspring), Roger Haitengi (verspring en driesprong), Charley Strohmenger (naellope), Linly de Beer (worpe) en ander kon atlete nie net tegniese afrigting en driloefeninge vir verbetering kry nie, maar ook die kontakte opbou van mentors saam met wie hulle die pad van hul loopbane kan stap.
DATUMS
Komende Saterdag word die ATKV meerkamp in Windhoek se Onafhanklikheidstadion aangebied. Dis 'n geleentheid vir atlete om hul veelsydigheid in verskeie items te wys en ook hul fiksheidsvlak vir die komende seisoen te toets.
'n Week later (19 Januarie) word die Top 10 Klubuitdaging aangebied.
Die Atletiek Namibië reeks se drie byeenkomste is vasgeknoop vir Swakopmund (26 Januarie), Oshakati (2 Februarie) en Otjiwarongo (23 Februarie).
Atletiek Namibië se senior nasionale kampioenskap is vir die naweek van 5 en 6 April in Windhoek bestem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie