Ou vyande se Euro-paaie kruis wéér
Sokker
Italië en Spanje se wedywering in Europese Kampioenskapstoernooie word Dinsdagaand op Wembley in Londen voortgesit wanneer dié twee nasies in die halfeindronde van Euro2020 te staan kom.
Volgens uefa.com gaan dié twee trotse sokkernasies mekaar die vierde agtereenvolgende keer in ’n Euro-toernooi die stryd aansê.
In hul laaste ontmoeting in dié toernooi, in 2016, het Italië die Spanjaarde in die ronde van 16 uitgeknikker. In 2012 het die spanne gelykop gespeel in die groepfase waarna Spanje die Azzurri in die eindstryd met 4-0 afgeransel het.
In 2008 het Spanje die Italianers in die kwarteindronde in ’n strafdoelestryd getroef.
Dié twee nasies het in hul geskiedenis al 37 keer teen mekaar gespeel. Elkeen spog met 11 oorwinnings en 15 wedstryde het gelykop geëindig.
Dinsdagaand se stryd skop om 21:00 (Namibiese tyd, kanaal 203 op DStv) af. Die wenner sal teen Engeland of Denemarke in Sondag se eindstryd speel.
– Uefa.com; Netwerk24
FOTO
Spanje en Italië se sokkerspanne in 2016 teen mekaar in aksie. Dié spanne het toe ook in ’n uitklopwedstryd van die Europese Kampioenskap kragte gemeet. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie