Ou pragstukke in Duitsland uitgestal
Elke jaar, oor ’n naweek in Julie, word daar in die spa-stad Baden-Baden, in die suide van Duitsland, ’n uitstalling van seldsame ou motors gehou, meestal soos nuut of goed gerestoureer.
Een van Motors se gereelde lesers, Helgaard Raubenheimer, het vanjaar se uitstalling oor die naweek van 7 tot 9 Julie bygewoon en dié netjiese foto’s van die ou pragstukke aangestuur.
Vanjaar is die uitstalling die “Internationales Oldtimer-Meeting” genoem. Dit was die 41ste keer wat die saamtrek aangebied is.
Volgens Raubenheimer was daar altesame 348 motors van 80 vervaardigers wat op die groen grasperke voor die Casino-gebou (die Kurpark) en in ’n boomryke wandellaan daarneffens uitgestal is.
“Ons was toevallig vir ’n paar dae in Baden-Baden en kon die eerste dag van die skou meemaak.
Aan die einde van die naweek word die wenners van die verskillende kategorieë aangewys en hul pryse oorhandig.
“Maserati was vanjaar die eregas, en van hul oudste tot nuutste modelle was ook te sien.”
Dit klink inderdaad of dit iets vir die volgende Europa-toer is, of hoe? - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie