Otto lei taakmag op missie in Oos-Afrika
Ná verlede week se oefenkamp in Windhoek is die spelersgroep gesnoei tot die finale 25 vir die toer.
Andrew Poolman – Die agtsteman William James (WJ) Otto is as kaptein aangewys van die Namibiese o.20-rugbygroep van 25 spelers wat verlore eer by Rugby Afrika se Barthes-toernooi moet gaan herwin.
Die Kenia-rugbyunie bied die toernooi van 26 Junie tot 4 Julie in Nairobi aan – dieselfde speelveld waar die Oos-Afrikane in 2019 vir die eerste keer in jare die Namibiese houvas op die kontinentale kampioenskap afgeskud en deurgedring het om in die Wêreldrugby O.20 Trofee-toernooi in Brasilië te gaan speel.
Afgesien van Namibië en Kenia sal Madagaskar en Senegal die ander twee deelnemers wees.
Net soos in 2019 word Rugby Afrika se spesiale reël opnuut toegepas wat oënskynlik vir Namibië in die visier het – dat deelnemende lande se toerspanne nie meer as vier spelers mag bevat wat rugbykontrakte buite hul eie land het nie.
Afrigter Jood Opperman het drie skoolgaande spelers ingesluit – of vier, indien 'n mens die sterk senter Kian Fransman bytel wat reeds sy skoolloopbaan by Grey Kollege in Bloemfontein voltooi het, maar wat vanjaar by Moria Privaatskool vir 'n ekstra skooljaar ingeskryf het.
Die ander drie skoolseuns is Windhoek Hoërskool se veelsydige agtsteman Riaan Grové en veelsydige skrumskakel Tyrese de Wee, asook die stut Lucky Mauha van Moria Privaatskool.
Ondanks die onderbreking van die coronaviruspandemie se jaar 2020 (asook voor dit Suid-Afrika se eensydige besluit om Namibië uit die o.18 Cravenweek te skop), bevat die groep heelwat spelers wat op 'n jonger ouderdomsvlak soos die o.16 Grant Khomo- of die o.18 Akademieweek beproef is en uit hul samespel onder druk kon leer.
Opperman het sy voorlopige groep van 35 spelers verlede week vir 'n oefenkamp in Windhoek byeen gehad, wat wedstryde teen FNB Wanderers en FNB Rehoboth ingesluit het. Op grond van die spelers se fiksheid en spelpeil het hy sy toergroep van 25 spelers aangewys, met ses op die kortlys vir gebeurlikheid.
DIE SPELERSGROEP VIR DIE TOER:
Stutte: Ernst Lowe (Windhoek Affies, Wanderers), Herschell van Wyk (Windhoek Gimnasium, Wanderers), Feliciano Lucky Mauha (Moria Privaatskool, Outjo), Jano Otto (Windhoek Gimnasium).
Hakers: Frikkie Engelbrecht (Tsumeb Gimnasium, Noordwes-universiteit, Grootfontein-klub), Friedrich Grobbelaar (Otjiwarongo, Noordwes-universiteit).
Slotte: Tiaan de Klerk (Walvisbaai PHS, Monument HS, Blou Bulle o.20) Zander Bronkhorst (Windhoek Gimnasium, Trustco United, ook flank), Riaan Grové (WHS, ook losvoorspeler).
Flanke: Dhale Cloete (Windhoek Gimnasium, Western Suburbs), Rowan Jansen (WHS, Western Suburbs), Alexander Jansen (Walvisbaai Privaat HS, Kudus).
Agtsteman: William James Otto (kaptein, Tsumeb Gimnasium, Noordwes-universiteit, Grootfontein-klub).
Skrumskakels: Oela Blaauw (Paul Roos Gimnasium, Keetmanshoop Rams), Brian Bayer (HS Dr. Lemmer, Vrystaat rugby-akademie), Tyrese de Wee (WHS, ook heelagter of vleuel).
Losskakels: Samuel Poulton (Windhoek Gimnasium, Keetmanshoop), Raschano van Rooi (WHS, Unam), Geraldo Beukes (WHS, Western Suburbs, ook heelagter).
Senters: Kian Ethan Fransman (Grey Kollege Bloemfontein en Moria Privaatskool), Niel Holtzhausen (Moria Privaatskool, Universiteit van Stellenbosch, Grootfontein-rugbyklub).
Vleuels: Franklin Karigub (Lemmer, Reho Falcon), Willem Petrus (Liam) Louw (Oakdale, United, ook senter).
Heelagters / vleuels: Jeandré Loubser (Windhoek Affies, RRK), Kenan Walters (WHS, Keetmanshoop Rams).
• Die nie-reisende reserwes is Upahee Muhuura (haker, HTS), Harry Ngasia (stut, Grootfontein), Vihan Scholtz (slot, RSA), Riaan van Zyl (losvoorspeler, Oakdale), Maandero Haimbodi (senter, WHS, Trustco United), Wilmar du Toit (vleuel, senter, Potchefstroom Universiteit).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie