Otjozondjupa steier onder Covid-aanslag
'n Inentingsveldtog teen Covid-19 wat tot in Julie strek, het gister in die streek begin.
Ester Kamati – Hospitale en lykshuise in Otjozondjupa is vol en 'n tekort aan betroubare vervoer verhoed die streek om Covid-19 in die landelike gebiede te bekamp.
“Ons benodig vervoer om ons mense in die landelike gebiede te bereik. Ons het nie betroubare vervoer nie,” het Otjozondjupa se gesondheidsdirekteur, mnr. Gebhardo Timoteus, gister op Otjiwarongo tydens die begin van 'n inentingsveldtog in die streek gesê.
Otjozondjupa bestaan uit vier gesondheidsdistrikte: Grootfontein, Otjiwarongo, Okakarara en Okahandja.
Volgens Timoteus is die staatslykshuise in die streek vol. Drie daarvan was vir bykans twee jaar buite werking, waarvan dié op Osire en Otavi vanweë die toename in sterftes nou herstel is. Die een op Grootfontein word nog reggemaak.
Timoteus het 'n beroep op families gedoen om hul geliefdes vroeër te begrawe indien moontlik.
FOTO
Sedert die Sinopharm- en AstraZeneca-entstowwe op 21 April in Otjozondjupa beskikbaar gestel is, is 9 986 mense in totaal reeds ingeënt. Foto Ester Kamati
Die hospitale in Otjozondjupa is stampvol, sê Timoteus. Die streeksraad sal egter voorsiening maak vir mense wat dringende mediese aandag benodig, het hy gesê.
ENTSTOWWE
Sedert die Sinopharm- en AstraZeneca-entstowwe op 21 April in die streek beskikbaar gestel is, is 9 986 mense in totaal ingeënt – 8 393 het hul eerste spuite gekry, terwyl 1 593 reeds hul tweede inenting ontvang het.
'n Totaal van 111 sterftes is sedert die uitbreking van die pandemie in die streek aangeteken, waarvan een 'n gesondheidswerker was.
Die inentingsveldtog is gemik op mense wat nie by gevestigde inentingsgeriewe soos hospitale kan uitkom nie. Ses personeellede van die polisie is gister by die polisiestasie op Otjiwarongo teen Covid-19 ingespuit.
Ander plekke wat besoek gaan word, sluit in die Etunda-kliniek op 21 Junie, die Osire-gesondheidsentrum op 26 Junie en die Kalkfeld-kliniek op 5 Julie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie