Otjiwarongo se plan vir versnelde grondtoekenning
Aangesien grondgrypings die afgelope vyf jaar snel toegeneem het, het die munisipaliteit ’n plan beraam om ook sy proses van grondtoekennings te verhaas.
Ester Kamati op Otjiwarongo
Vanweë die toenemende kommer oor die agterstand met die toekenning van grond vir veral middel- tot lae-inkomste-werkers in Otjiwarongo, is ’n plan vir versnelde grondtoekenning verlede week van stapel gestuur.
Burgemeester Bennes Haimbodi het erken daar bestaan ’n wanverhouding tussen die beskikbaarheid van en behoefte aan ontwikkelbare grond, wat vererger word deur die lang proses van grondtoekenning.
Die dorpsraad is besig met die beplanning van 16 informele nedersettings en die verkryging van sertifikate wat hulle in staat sal stel om ongeveer 4 000 erwe vir gemengde gebruik in dié nedersettings beskikbaar te stel. “Die formele proses is vertraag deur interne prosesse en veroorsaak steeds ’n stadige reaksie op die toenemende bevolkingsgroeikoers in die dorp,” het hy gesê.
Die versnelde toekenningsproses sal prosesse “wat ’n lae risiko inhou vir wetlike bepalings, sowel as standaarde vir beplanning ‘parallel’ uitvoer, terwyl die gehalte en akkuraatheid nie in gedrang geplaas word nie”.
Die nuwe benadering behels dus ’n oorvleueling van verskeie prosesse, wat nou gelyktydig sal plaasvind in ’n poging om die tydsduur om die prosedures te voltooi, te verminder.
Mnr. Naude Slabbert, die munisipaliteit se strategiese uitvoerende beampte, het gesê 12 445 erwe word sedert 2015 by die beplanningsproses bespreek en is tans onder die munisipaliteit se beheer vir die grondtoekenningsproses.
Verder is vyf uitbreidings geregistreer en geïdentifiseer as gereed, wat ongeveer 1 500 erwe insluit wat gereed is vir toekenning in die stad en omgewing.
In die volgende maande sal daar na verwagting ongeveer 700 erwe gebruik word vir toekenning aan inwoners wat ’n behoefte aan grond het.
Teen 2021, tussen Januarie en Junie, sal nog 14 uitbreidings met ongeveer 4 000 erwe na verwagting in die mark wees om in die behoeftes te voldoen.
Hierbenewens vorder ’n buigsame grondbesitstelsel ook in informele nedersettings soos DRC, Ombili en Tsaraxa-aibes. Dié projek sal ondersteun word deur die ministerie van landbou, water, bosbou, sowel as die ministerie van grond en hervestiging.
Die burgemeester het inwoners gewaarsku teen die onwettige besetting van grond en het oortreders daaraan herinner dat binne die perke van die wet met hulle afgereken sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie