Otavi-raad vat grond terug

Soek N$8 m. vir erwe

10 October 2019 | Plaaslik
Augetto Graig - Inwoners van Otavi aan wie erwe toegeken is, moes teen gister die volle koopprys daarvan betaal het, andersins verloor hulle die grond.

Dié opdrag kom van die Otavi-dorpsraad.

Volgens die uitvoerende hoof van die dorpsraad, mnr. Moses Matyayi, skuld inwoners die munisipaliteit N$17 miljoen weens wanbetaling. Die geldtekort maak dit vir die plaaslike owerheid moelik om aan sy mandaat te voldoen.

Die dorpsraad het op 3 Julie aangekondig 185 kontanterwe is te koop. Die sluitingsdatum van die aanbod was 2 Augustus. Die erwe is almal in Khoaeb uitbreiding 4 geleë.

Die dorpsraad beoog om net minder as N$8 miljoen met dié verkoop in te samel. “Die geld sal gebruik word om instandhouding, belegging in infrastruktuur, en die diens van ander grond in Otavi te finansier,” het Matyayi gesê.

Inwoners is erg ongelukkig oor die sperdatum.

Mnr. Johannes Johannes, ’n inwoner, sê hy het tevergeefs die dorpsraad oor sy kommer probeer spreek. “Ons as inwoners het volle begrip vir die finansiële behoeftes van ons raad, maar verwag dat die raad kennis dra van die ekonomiese situasie waarin ons regering en Namibiërs hulself bevind. Daarom moet hulle redelik optree soos voorgeskryf deur die plaaslike wet.”

Johannes het gesê die meeste inwoners kon eenvoudig nie so vinnig so baie geld bymekaarmaak nie. Die erwe kos tussen N$39 000 en N$60 000 elk.

“Ek het aan die raad voorgestel om ekonomies lewensvatbare betaalmetodes aan die inwoners te bied, afhangende van hul inkomste,” het hy gesê.

Volgens Matyayi bied die dorpsraad ander maniere aan inwoners om grond op die dorp te bekom. Dit sluit onder meer in behuisingskemas soos dié van die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE), die Shack Dwellers Federation en die Build Together-program wat ontwikkeling deur openbare-private-vennootskappe en direkte verkope aanvul. Oor die laaste drie jaar is 70 erwe aan die Shack Dwellers toegeken. Die laaste groep van 21 begunstigdes bou tans hul huise in Khoaeb uitbreiding 3, het hy gesê.

Matyayi het gesê sedert 2015 het die dorpsraad 53 erwe aan mense op hul waglys toegeken. Net ses van hiervan het vir hul grond betaal, terwyl daar op geen van die erwe gebou is nie.

Die uitvoerende hoof het gesê 78 erwe is aan die NHE toegeken vir die nasionale massabehuisingsprogram en 21 Otavi-inwoners op die Build Together-waglys is hierdeur begunstig. In die 2018-’19-boekjaar het die dorpsraad self 148 erwe gediens wat deur Build Together aan inwoners toegeken sal word. Nog 120 erwe is aan die nabye B2Gold-goudmyn toegeken vir die bou van werknemershuise. Die Ohorongo-sementaanleg het 30 erwe gekry om behuising vir hul werknemers te bou.

Matyayi het gesê die dorpsraad het doelbewus inwoners gekies wat al lank op hul behuisingswaglys is. Dié wat weens ekonomiese omstandighede nie die geleentheid kan benut, sal in die nabye toekoms ook gehelp word.

“Op die oomblik het die dorpsraad 18 nedersettings met meer as 5 000 erwe goedgekeur. Dit is egter weens 'n geldtekort nog nie gediens nie.”

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

13 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

1 dag gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

1 dag gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

1 dag gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

1 dag gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

1 dag gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

1 dag gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...