Otavi kry ’n Namcor-vulstasie

10 vulstasies teen 2021

16 July 2018 | Energie
Augetto Graig - Namcor, die staatsonderneming wat die Namibiese mark van brandstof voorsien, het onlangs ’n tender voorgestel om ’n splinternuwe vulstasie op Otavi te bou.

Volgens Namcor se woordvoerder, me. Nangombe Negumbo, sal dit die derde Namcor-vulstasie in die land wees.

Daar is reeds een by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en een op Ongwediva.

Negumbo sê Namcor het reeds die perseel vir die nuwe vulstasie op Otavi aangekoop.

Dit is op die hoek van die B1- nasionale pad en Republiekstraat.

Daar sal Namibiese motoriste alle tipes brandstof kan koop wat plaaslik gebruik word, asook verskeie smeermiddels wat die staatsonderneming verskaf.

’n Geriefswinkel, wat padkos verkoop, sal ook gebou word.

Die aansoekperiode vir tenders sluit op 3 Augustus, en Namcor hoop die nuwe stasie sal teen die einde van Januarie volgende jaar vir besigheid oop wees.

Volgens Negumbo beplan Namcor om teen die jaar 2021 sowat 10 vulstasies oor die land te open.

Sy sê dié vulstasies sal deur uitstekende kliëntediens, gerieflike betalingsoplossings, goeie gehalte brandstof en ’n besige geriefswinkel gekenmerk word.

Aansoekers vir dié tender se tegniese, bestuurs- en finansiële vaardighede, asook hul ervaring van soortgelyke projekte sal in ag geneem word, sê sy.

“Die suksesvolle bieër sal aangestel word ná die verkrygingsproses afgehandel is,” sê Negumbo.

Namcor hoop om deur die bou van hierdie vulstasies hul bronne van inkomste uit te brei, “om sodoende in kommersiële lewensvatbare staatsbesit te wees,” sê sy.

Hulle beoog “volumegroei en verhoogde inkomstevlakke en om erken te word as 'n handelsmerk waarop Namibiërs trots kan wees,” sê Negumbo.

Soortgelyk

 

Vlieëniers vlieg ‘blind’

9 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

9 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

9 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

9 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

9 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Taylor Jaye tackles gender-based violence

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Sponsored content - The continuing high rates of incidences of gender-based violence (GBV) in Namibia, further highlighted by rapidly increasing cases reported daily from victims...

Namibia committed to curbing abuse by 2022: Imalwa

9 ure gelede |

Prosecutor-general Martha Imalwa said the Namibian justice system is taking gender-based violence (GBV) cases seriously and aims to make huge progress against it by 2022.“By...