Otavi-kliniek vir maande sonder dokter
Otavi-kliniek vir maande sonder dokter

Otavi-kliniek vir maande sonder dokter

Administratiewe rompslomp en 'n kritieke gebrek aan mediese sorg dompel Otavi-inwoners in 'n krisis.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Otavi-kliniek is reeds vir maande sonder die permanente dienste van ‘n dokter.

Volgens die gemeenskapsaktivis mnr. Johannes Johannes is die kliniek net sekere ure oop. Sou iemand in die dorp of die omliggende gebied ernstig beseer word, word hulle noodgedwonge of na die private dokter of na die staatshospitaal op Otjiwarongo verwys.

“Die mense uit die gemeenskap moet dan op eie koste tot op Otjiwarongo kom, sou hulle nie met ‘n staatsbus wat ook net een keer per week op Woensdae hier verby kom, ‘n plek kry nie,” het Johannes gesê.

Die grootste kommer is egter dat persone wat in ‘n aanranding beseer is en waar ‘n J88-vorm deur ‘n dokter voltooi moet word, nie gehelp kan word nie.

Die J88-vorm is ‘n wettige dokument wat deur ‘n dokter voltooi moet word in enige omstandighede waar ‘n regsondersoek vereis word.

“Sou van die inwoners tydens ‘n roof of ‘n aanranding beseer word, moet hulle nou eers op Otjiwarongo kom waar die vorm deur ‘n dokter ingevul moet word en alvorens die polisie ‘n saak open en die ondersoek begin.”

Teen die tyd wat hulle egter weer na Otavi teruggekeer het, het die verdagtes volgens Johannes hulle weer uit die voete gemaak.

“Dit is nou ‘n ope geheim dat jy kan doen wat jy wil op die dorp, want daar is geen gevolge nie.”

Volgens Johannes is dit veral op einde van die maand en betaaldag wat die aanrandings en roof op die dorp die meeste voorkom.

“Dit is veral bendes van Grootfontein wat hiernatoe kom en mense met messe steek en beroof. Teen die tyd wat die mense ‘n saak met die regte vorm kon open, is die bendes lankal weer weg.”

Volgens Johannes het die dorp ‘n “baie arm gemeenskap” en werk die meeste van dié inwoners op plase of by die myne in die omgewing.

“Word hulle beseer en is die betrokke vorm vir ‘n saak nodig, moet hulle noodgedwonge langs die pad gaan staan om vir ‘n geleentheid Otjiwarongo toe te wag. Wie gaan egter iemand wat bebloed en beseer is sommer net in sy motor laai?”

Hy het voorgestel polisie op die dorp gee aan arm inwoners ‘n tydlyn waarin hulle die vorm, onderteken deur ‘n dokter, kan kry en kan terugbring. “Die ondersoek kan dan intussen begin.”

Volgens hom val klagtes in dié verband op dowe ore en is dit reeds verskeie kere by die dorpsraad aangemeld.

Hy het voorts verwys na die B1-hoofweg wat verby die dorp loop en al etlike lewens in padongelukke geëis het.

“Hier is gereeld ongelukke en ons moet ‘n staatsdokter hier hê om te kan help.

Intussen sê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se waarnemende direkteur van gesondheid vir die Otjozundjpastreek ‘n dokter van Otjiwarongo word weekliks na Otavi gestuur om vir ‘n dag diens by die kliniek te verrig. Volgens mnr. Samuel Shilikomwenyo word nood- en ernstige gevalle vir die res van die week na Otjiwarongo verwys. Shilikomwenyo sê voorts die kliniek het nie ‘n pos vir ‘n permanente dokter nie.

“Vroeër jare was daar ‘n dokter wat hier diens gedoen het, maar geen nuwe persone word meer aangestel nie,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.63/OZ DOWN -0.0108 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0037 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.58/BBP DOWN -0.0084 | Platinum US$ 953.78/OZ DOWN -0.0018 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.63/OZ DOWN -0.0108 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0037 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.58/BBP DOWN -0.0084 | Platinum US$ 953.78/OZ DOWN -0.0018