Otavi gaan gebuk onder ongerymdhede

In 'n verslag wat deur die mini­sterie van stedelike en landelike ontwikkeling saamgestel is, is bevind die stadsraad van Otavi het 'n aantal twyfelagtige werksaanstellings gemaak.
Ogone Tlhage
Ogone Tlhage – 'n Ondersoek deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling na Otavi se stads­raad het bevind die munisipali­teit het verskeie verdagte aanstellings en bevorderings gemaak. Verskeie aanbevelings is gemaak om dié onregverdige besluite reg te stel.

'n Ondersoek is van stapel gestuur nadat die ministerie klagtes van ongerymdhede van inwoners sowel as raadslede ontvang het.

Onder die ongerymdhede was die aanstelling van 'n junior klerk, me. Adolfine Muranda, wat bo haar senior en onmiddellike toesighouer, en die raad se rekenmeester, as finansiële bestuurder aangestel is.

Die ministerie het bevind haar aanstelling stem nie ooreen met die gevestigde hiërargie en rapporteringskanale nie en het aanbeveel haar kontrak word onmiddellik beëindig en 'n rekenmeester moet in ooreenstemming met die raad se aanbevelings as finansiële bestuurder aangestel word.

Muranda is ook as die persoonlike assistent van die uitvoerende hoof aangestel – ondanks die feit dat sy nie aan die nodige vereistes van die pos voldoen nie.

Die ministerie het aanbeveel haar aanstelling as persoonlike assistent moet gestop word en die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Ernst Gaoab, en die bestuurskomitee moet verantwoordelik gehou word vir Muranda se onregverdige aanstelling.



NA LAER POS VERSKUIF

Gaoab moet ook uit die pos van waarnemende uitvoerende hoof verwyder word en hy moet met die bestuurder van tegniese dienste vervang word.

“Terwyl Gaoab as bestuurder van menslike hulpbronne opgetree het, het die raad hom as waarnemende uitvoerende hoof aangestel, in plaas van die hoofbestuurder van tegniese dienste, infrastruktuur en beplanning wat 'n meer senior posisie beklee het,” lui die verslag.

Die verslag het verder aangevoer Gaoab se posisie as menslikehulpbronbestuurder het nie in die stadsraad se struktuur bestaan nie.

Luidens die verslag was Gaoab se bevordering tot dié posisie op 1 Desember 2011 strydig met die minister se opdrag van 25 Februarie 2011 rakende die implementering van 'n nuwe salaris- en organisasiestruktuur vir die raad, asook 'n opdrag van 10 November 2014 wat aan die raad uitgereik is om dié goedgekeurde organisasiestruktuur te handhaaf.

“Die raad se besluit om Gaoab tot menslikehulpbronbestuurder te bevorder, is in konflik met die werwings- en keuringsregulasies vir plaaslike owerhede, omdat die pos nooit geadverteer is nie en geen onderhoude vooraf gevoer is nie.”

Gaoab moet die geld wat hy as mens­likehulpbronbestuurder ontvang het, terugbetaal en die pos van menslikehulpbronbeampte onmiddellik inneem, lui die verslag.

Volgens die ministerie was die manier waarop die raad se loodgieter, mnr. Johannes Hoa-Khoab, bevorder is ook onder verdenking. Daar is bevind die besluit om hom te bevorder, weerspieël nie die beraadslagings nie en was ook strydig met die werwings- en keuringsregulasies.

Die bevordering van die raad se lisensiebeampte, me. Johanna Verikune, na die posisie van NaTIS-toesighouer was ook strydig met dié regulasies.

Die ministerie beveel aan dat Verikune se bevordering herroep word, terwyl sy ook die N$15 362 wat sy weens haar bevordering verdien het, moet terugbetaal.

Verder is die verandering in posgradering van B na C1 vir die raadslid mnr. Kefas Keiseb ook bevraagteken op grond daarvan dat dit nie in lyn is met artikel 27 van die wet op plaaslike owerhede nie. Die ministerie het aanbeveel dat hy op graad B bly.



MISBRUIK HULPBRONNE

Intussen het die dorpsraad werknemers se huislenings gesubsidieer, ondanks die feit dat hulle geen bewys van huurkontrakte of huisverbande verskaf het nie. Die toelae is gelykstaande aan 40% van die werknemers se basiese salarisse.

Veertien werknemers het behuisings­toelae ontvang, ondanks die feit dat hulle geen bewys van huisverbande en huurooreenkomste gelewer het nie.

“In verband met bewyse van huisverbande of huurooreenkomste, het die raad nie daarin geslaag om rekord te hou in die personeellede se persoonlike lêers nie. Die behuisingstoelae wat gelykstaande is aan 40% van die personeellede se basiese salarisse is strydig met reël 10 (5) van die personeelreëls en moet onmiddellik gestaak word,” lui die verslag.

Die verslag wys uit dat Gaoab aanspreeklik gehou moet word vir die omgemagtigde uitgawes in verband met die behuisingstoelae.

In 'n ander geval het die burgemeester, mnr. Isaac !Hoaeb, sy amptelike voertuig vir nie-amptelike pligte op 'n “onbeheerde manier” gebruik. Daar is ook bevind die raad het nie 'n vloot- of vervoerbeleid in plek nie.

[email protected]


FOTO
Die waarnemende uitvoerende hoof van die Otavi-dorpsraad, mnr. Ernest Gaoab, sal sy pos moet verlaat. Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107