Organisasies help met asemnood

Projek skenk 150 ­suurstofkonsentreerders

19 July 2021 | Gesondheid
Altesaam 150 suurstofkonsentreerders ter waarde van sowat N$2,5 miljoen sal deur die Breathe Namibia-inisiatief aan plaaslike gemeenskappe geskenk word om die nood onder Covid-19-pasiente te verlig.

Die inisiatief, wat deur die maat­skappye Agra LTD, Woermann, Brock & Co Inland en Woermann Brock Coastal, in samewerking met Elite Star Trading Africa (EST) van stapel gestuur is, sal nog vandeesweek die eerste 50 masjiene versprei. Gemeenskappe kan reeds aansoek doen om hulp van dié inisiatief te ontvang.

“Afgeleë gemeenskappe waar mense nie maklik toegang tot formele stelsels het nie, sal prioriteit geniet, terwyl meer ontwikkelde gebiede ook mettertyd by die inisiatief sal baat,” lei 'n nuusvrystelling wat deur Agra se handelsmerk- en kommunikasiebestuurder, mnr. Piet Stoman, vrygestel is.

“Elke Agra-tak asook elke Woermann Brock-handelaar landswyd, sal 'n 5 liter- of 10 liter-suurstofkonsentreerder ontvang. Dit sal dan aan 'n gemeenskapsinisiatief of 'n mediese fasiliteit in die gebied geskenk word vir die stryd teen Covid-19,” het Stoman gesê.

“Dit is belangrik om die term 'gemeenskap' te beklemtoon, wat verwys na enige een in die gebied wat suurstof benodig,” het hy verduidelik en gesê in dorpe waar daar verskeie Agra- en Woermann Brock-handelaars is, sal meer as een masjien beskikbaar gestel word.

Stoman sê die huidige krisis plaas 'n enorme las op Namibië se gesondheidsorgstelsel en dit is duidelik daar is 'n groot en onmiddellike behoefte aan hulp vir die bestryding van die pandemie.

[email protected]

Soortgelyk

 

Minister vra verligting vir boere

18 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het die Nasionale Vergadering (NV) gister versoek om aan boere grondbelastingverligting van...

Verdediging terug onder OG se skoot

18 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – 'n Spook-attaché in Kinshasha wat vergoed is en belastinggeld wat gebruik is om salarisse by August 26 te betaal, is van die...

Weer vir 21 Oktober 2021

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie van meer as 50 mm kan in die oostelike dele van die ||Kharasstreek voorkom.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in...

Saara sien lig in korrupsietonnel

18 ure gelede | Misdaad

Die inhoud van Namibië se nuwe konsepplan teen korrupsie vir 2021-'25 bevat volgens eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila talle positiewe tekens dat hierdie vyand van ­welvaart...

Dippenaar-verhoor hervat in Julie 2022

18 ure gelede | Howe

Adolf Kaure in Swakopmund – Na twee dae se getuienis is die verhoor waarin mnr. Jandré Dippenaar op ses klagte van moord tereg staan, gister...

Kalkrand oorleef op druppels

18 ure gelede | Maatskaplik

Augetto Graig – Die klein en arm gemeenskap van Kalkrand moet al bykans drie weke lank met net druppels water oor die weg kom nadat...

Reën kan tot môre duur

18 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik dat wydverspreide donderbuie vandag (Donderdag) in die oostelike dele van die ||Kharasstreek kan voorkom, wat...

Regter roskam ‘homofobiese’ ministerie

18 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Hoërhofregter Thomas Masuku het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se “diskriminasie teen selfdegeslagpaartjies” veroordeel. Toe hy in sy...

Sterftekoers onder swanger vroue te hoog

18 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Hoewel belangrike vooruitgang met 'n afname van 40% in die sterftekoers vir swanger vroue en pasgebore babas die afgelope twee dekades gemaak...