Organisasies help kaktusse uitroei
Tanja Bause
Greenspace, Gondwana Collection en mnr. Hartmut Voigts het aangesluit by die veldtog om kaktusse uit te roei.
Dít om ontslae te raak van indringerplante in Windhoek en omgewing.
Gondwana Collection Namibia het op 1 Junie by die veldtog aangesluit. Hulle betaal een werker per dag vir die volgende ses maande.
Greenspace het ingestem om die gebied by die Avisdam skoon te maak wat hulle by die munisipaliteit huur.
Mnr. Hartmut Voigts en sy werkers sal die Rosea-kaktusse uithaal wat onder die Avisdam se damwal groei.
Me. Gunhild Voigts en haar man, Friedhelm, het verlede jaar met dié veldtog by Namibiese Botaniese Tuine in Windhoek begin.
Hulle het besef dit gaan nie help om die indringerplante net in die botaniese tuine te verwyder, terwyl hulle in die omliggende omgewing floreer nie.
“Navrae by die munisipaliteit van Windhoek het getoon daar is nie werkers of vervoer vir die uithaal en verwydering van die kaktusse beskikbaar nie.
“Ondervinding in Australië het getoon dit is nie 'n oplossing om die plante te vergiftig nie. Die proses moet jaarliks herhaal word vir vyf jaar. Die gif sal ook in Windhoek se akwifer opeindig en die ondergrondse water vergiftig,” het Voigts gesê.
Die enigste oplossing vir die kaktuskwessie was om die plante met die hand uit te haal en weg te gooi.
“Ons het met die veldtog begin en vrywilligers gevra om te help. Meeste van die vrywilligers wat ons tot dusver bygestaan het, is bejaardes, toeriste, skoolkinders en mense wat verby gery het en ingeval het om te help.”
Volgens Voigts word die kaktusse deur die munisipaliteit se soliede afval-afdeling verwyder en by vullisstortingsterreine onder meters grond begrawe.
“Te danke aan skenkings wat ons ontvang het, kon ons werklose mans N$140 per dag betaal om die kaktusse uit te haal. Uit ons eie sak gee ons vir die man kos en neem hulle huis toe ná die dag se werk. Ons het tussen 10 en 15 mans wat elke dag vir ons werk.
“Voëls wat op die Rosea-kaktus gaan sit, word dikwels in die dorings vasgevang en raak verstrengel. Hulle gaan dan stadig dood,” het Voigts gesê.
Die uitroeiveldtog is moontlik gemaak deur die Namibiese Botaniese Tuine en Lions Alte Feste.
“Ons het 'n paar donasies van Greenspace-lede en van besoekers ontvang. Tans het ons vier mans wat kaktusse uithaal,” het me. Vera Freyer van Greenspace gesê.
Mense wat graag wil help om die kaktusse uit te haal of wat 'n skenking ten bate van werkers se betaling wil maak, kan vir Freyer by 081 230 4179 en Voigts by 081 140 2003 of [email protected] kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie