Orde by poskantore tydens pensioenuitbetalings
NamPost sê sy uitbetalings van maatskaplike toelae het seepglad verloop.
Francoise Steynberg - Orde het landswyd by poskantore tydens bejaardes se pensioenuitbetalings Dinsdag geheers.
Volgens mnr. Wilson Shikoto, NamPost se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, is alle voorsorgmaatreëls moontlik getref om die proses van die uitbetalings van maatskapklike toelae seepglad te laat verloop.
“Ons het seker gemaak dat alles ordelik verloop en om te voorkom dat die Covid-19-virus versprei word,” het Shikoto gister aan Republikein gesê.
Plakkers is binne poskantore aangebring wat die wagtendes maan om die nodige afstand te handhaaf. Buite is stoele ook ver van mekaar af geplaas waarop bejaardes kan rus terwyl hulle wag.
Sekuriteitspersoneel is by die deure geplaas en handontsmettingsmiddels is aan kliënte verskaf.
“Ons wil enige kans verhoed dat hierdie virus versprei kan word,” het Shikoto gesê.
Leandrea Louw van Erongo het verskeie poskantore in Walvisbaai besoek en beaam dat pensioenuitbetalings daar ook seepglad verloop. NamPost se deure bly gedurende die inperkingstyd oop, maar beperkinge geld op die getal kliënte wat binne poskantore toegelaat word, afhangende van die grootte en uitleg van elke gebou.
“In reaksie op die bevestigde Covid-19-gevalle en opdragte van die president en regering, het NamPost voorkomende maatreëls ingestel as deel van sy algehele aksieplan om die gesondheid van die personeel en kliënte landswyd te beskerm,” sê Shikoto.
Pensioenarisse en ontvangers van maatskaplike toelae is van die kliënte wat die ergste deur die maatreëls geraak sal word.
Diegene wat ’n VISA-SmartCard van NamPost het, word aangeraai om dié kaart vir aankope by enige winkel te gebruik.
NamPost versoek sy kliënte om ’n afstand van minstens een meter uitmekaar te behou soos volgens die regulasies van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bepaal.
Almal wat poskantore ingaan, se hande word met handontsmettingsmiddel gereinig, anders sal toegang geweier word.
“Alle Nampost-takke bly oop, maar ons versoek dat niemand die poskantoor besoek as jy siek is of simptome van die Covid-19-virus toon nie,” sê Shikoto.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie