Orban trots op sy span
Primêre Skool Orban is die kampioene van die 2016 onder 12-rugbyliga wat deur Steers geborg is. Orban (foto bo regs) het in die eindstryd teen JTL Beukes van Rehoboth met 22-15 die knoop deurgehaak. In die agterste ry v.l.n.r. staan Justin Brown, Waldo Ihuhua, Leondo Beukes, Adri Friedberg, Fabrizion Pasquallie, Christiano Kennedy, Sean Owoseb en Ferion Beukes. In die middelste ry is mnr. Hector Hein (afrigter), Jonathan Roux, Damian Nickel, Lizario Olivier, Zavier Rühl, Denver Beukes, Gerique Barth, Geraldo Maasdorp, Algretto Mogotsi, mnre. Paul Stramis (spanbestuurder) en Jan Cloete (afrigter). Voor is Danté Stramis, Callan Kusch, Tiaan Hein (kaptein), Jayden Cloete (onderkaptein) en Ethan Izaaks. Vier Orban-spelers is ook gekies vir die Namibiese onder 12-sewesrugbyspan wat verlede week op ’n toer na Botswana vir deelname aan die Cossasa Balspele vertrek het. Op die ander foto is, van links, Geraldo Maasdorp, Lizario Olivier, Denver Beukes en Jayden Cloete. Foto’s verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie