Oranje: Oorstromings u2018haas onafwendbaaru2019
Oranje: Oorstromings u2018haas onafwendbaaru2019

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

Teen volgende naweek sal ’n nuwe vloedgolf water in die Oranjerivier oewergemeenskappe by Noordoewer na verwagting tref.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou “haas onafwendbaar”.

Dit volg ná swaar reën sedert die naweek in die opvangsgebiede van die Vaal- en Oranjerivier geval het.

Die vier opgaardamme in die Vaal- en Oranjerivierstelsel – die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdam – is almal meer as 100% vol.

Hulle vlakke is tans op onderskeidelik 110,5%, 112,1%, 112,3% en 107,2%.

Inwoners van die dorpe Bloemhof en Christiana wie se huise na aan die oewer van die Vaalrivier is, het begin om hul huise te ontruim nadat die Vaal- en Bloemhofdam se sluise oopgemaak is. Die dagblad Beeld het gister foto’s geplaas wat wys hoe water deur huise stroom.

Oewerboere moes ook die pompe waarmee hulle landerye uit die Vaalrivier besproei, na hoër gebiede verskuif.

Intussen het die Katsedam in die Lesotho-Hoogland-skema ook Sondag begin oorloop. Dié dam se water vloei na die Gariepdam.

Mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie, sê boere wat stroomaf langs die Benede-Oranjerivier boer, moet gereed maak vir vinnig stygende watervlakke.

Hy deel daagliks inligting oor die dam- en riviervlakke in die Vaal- en Oranjerivierstelsel met oewerboere langs die rivier.

Hy sê die departement van water en sanitasie verwag die Oranjerivier se vloei sal op 23 Januarie by Katlani 3 600 kumek (kubieke meter water per sekonde) bereik.

Katlani is nie ver van waar die Vaal- en die Oranjerivier in mekaar vloei nie en is die eerste punt waar die Benede-Oranjerivier se vlak gemeet word. Van daar af vloei die water omtrent 150 km per dag.

“Teen die 27ste of 28ste kan die riviervloei by Katlani tot 4 000 kumek of meer styg,” sê hy. Dit is volgens hom bykans 1 400 kumek méér as aan die begin van Januarie vanjaar en 1 000 kumek meer as tydens verlede jaar se piek.

Tydens vorige groot vloedjare het die Oranjerivier eers teen einde Februarie of vroeg in Maart sy piek bereik.

“Ons bly op ons knieë hoop nie die rivier se vlakke gaan later in die seisoen nog hoër styg nie,” hy het aan Republikein gesê.

Volgens Fourie is 4 000 kumeb reeds “kritiek” en bo 4 500 kumeb ly oewerboerderye skade weens oorstromings.

Volgens ’n infografiek op die Facebook-blad, LandWater, was die watervloei op 7 Maart 1974 by Upington 8 315 kumek en die rivier se hoogte was 9,9 m.

Die infografiek wys die rivier se hoogste vlakke vanaf 1936, wat ook ’n vloedjaar was.

Die tweede grootste vloed was in 1988 toe die watervloei op 28 Februarie by Upington op 7 403 kumek gepiek het, met ’n hoogte van 9,4 m.

NOORDOEWER

Die vloedgolf sal Noordoewer na verwagting teen volgende naweek bereik.

Die boerdery Omega Farms het vroeg in Januarie met die kleiner vloedgolf water reeds oorstroom.

Mnr. Abé Olivier het aan Monique Adams van Republikein se kantoor op Keetmanshoop gesê 4 hektaar se gewasse was onder water. Hy sê hulle hou die situasie fyn dop.
[email protected]

FOTO
Dié foto van die Oranjerivier in vloed is vroeg vandeesmaand by Velloorsdrif geneem. Aan die Suid-Afrikaanse kant van die rivier by Onseepkans is een van die talle oewerboerderye te sien. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.75 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.75/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 840.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 903.18/OZ DOWN -0.0074 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.75 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.75/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 840.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 903.18/OZ DOWN -0.0074