Optic Exclusive maak dit twee op 'n streep
Die aksiebelaaide toernooi by Langstrand het die jaar op 'n hoë noot afgesluit.
Otis Finck - Optic Exclusive, die verdedigende kampioenspan, is Saterdag weereens as die professionele afdeling se kampioene by die 2018 Bank Windhoek Beach Bash-strandvlugbalkompetisie by Langstrand bekroon, terwyl Set 4 Life die vriendskaplike afdeling opgeraap het.
Optic Exclusive het Dark in ’n naelskraapse eindstryd met 2-1 oorrompel om N$8 000 in die sak te steek, terwyl Dark met ’n ekstra N$5 000 kon wegstap.
Dark het die eerste stel met 21-17 oorheers, maar dit is Optic Exclusive wat vastrap en die tweede stel met 21-18 beklink. Die derde en laaste stel behoort ook aan die oorwinnaars wat met 15-12 opnuut die titel inpalm.
In die uitspeelstryd om die derde posisie in die pro-afdeling het Definitely Maybe N$2 000 verdien toe hulle die Block Busters met 2-1 geklop het.
Set 4 Life oorskadu Tipsy met 21-19 in die sosiale afdeling om N$3 000 te wen, met N$2 000 wat aan Tipsy toegeken word. Die Dome Dragons wat die derde plek en N$1 000 syne maak, skakel die Unbeatables met 21-15 uit.
Altesaam 29 inskrywings wat 21 vriendskaplike en agt professionele spanne insluit, is Saterdag deur die Timeout strandvlugbal-akademie ontvang wat die jaarlikse byeenkoms reël. Dit is ’n goeie aanduiding dat dié sport op ’n gesonde vlak is en dat die toernooi bly groei.
Verrinder sê die byeenkoms het ’n lang pad gestap sedert dit ses jaar gelede vir die eerste keer aangebied is.
“Die kompetisie was aanvanklik net vir die pret gehou. Ons het twee visstokke as pale en ’n visnet gebruik en ’n plastiekstrook het die baan se grense aangedui,” verduidelik Verrinder.
Vanjaar se toernooi het 174 spelers (ses per span) gelok wat op 73 wedstryde uitgeloop het, insluitend die finale van beide afdelings.
Julia Laggner, ’n Namibiese student in Duitsland, asook Daniel en Fabian Pfeifer, beide lede van die 2016 Namibiese o.19-span wat aan die wêreldkampioenskap deelgeneem het, was deel van die aksie.
Nog ’n speler wat hom na Langstrand gehaas het vanuit Botswana waar hy saam met Namibiërs aan die o.20 binnenshuise kampioenskap deelgeneem het, is Stephanus Kanganjera. Namibië het brons in Gaborone verower.
Verrinder sê: “Hierdie was die laaste van die Timeout-reeks vir 2018. Die toernooi bied aan Namibiërs wat buite die land studeer, die geleentheid om saam met ander studente pret te hê. Die venue is idillies met die sand, see en son as agtergrond.
“Baie dankie aan Bank Windhoek (hoofborg) en Optic Exclusive wat hul gewig agter ons ingegooi het. Die totale prysgeld van N$21 000 is die grootste van sy soort in die land. Aangesien die huidige ekonomiese klimaat ons nie goedgesind is nie, het die prysgeld dieselfde as verlede jaar gebly.”
DATUMS VIR DIE 2019 TIMEOUT BEACH-REEKS
1 Mixed Grand Slam, 23 Februarie (DTS Beach Arena Windhoek).
2 King & Queen of the Beach, 6 April (DTS Beach Arena).
3 Winter Classic, 15 Junie (DTS Beach Arena).
4 King of the Court, 27 Julie (plek moet nog aangewys word).
5 Kalahari Ope, 14 en 15 September (Tivoli Southern Sky Guest Farm).
6 Swakop Master, 2 en 3 November (Mole-strand, Swakopmund).
7 Beach Bash Volleyball, 21 Desember (Langstrand).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie