Optelgoed is nie hougoed
Francoise Steynberg - Die direktoraat van ondersoek na vliegtuigongelukke in die ministerie van werke en vervoer is dringend op soek na ''n inwoner van Windhoek wat in die besit van ''n vliegtuigdeur is.
''n Ongelukondersoekbeampte van die direktoraat, kapt. Oskar Plichta, is dringend op soek na mnr. Wilfried Afrikaner om ''n beloning aan hom uit te reik vir die opsporing van ''n vliegtuigdeur. Afrikaner is glo in besit van dié vliegtuigdeur.
Volgens Plichta het die vliegtuigdeur aan die passasierskant op 7 November in die gebied van die vullisgate langs die westelike verbypad geval. Die vlieënier was glo alleen in die ligte twee-motorige vliegtuig en het net bagasie vervoer.
"Die vliegtuig was vanaf Eros-lughawe na Sossusvlei onderweg met oortollige bagasie. Die deur word dringend benodig vir verdere ondersoek ná die voorval," het Plichta gesê.
Afrikaner of enigiemand wat hom ken, moet Plichta by 081 129 6358 of 081 142 6551 kontak.
Afrikaner doen glo houtkapwerk by die dam in die omgewing van Pionierspark se Uitbreiding 1 (in die omgewing waar die deur geval het). Hy het na bewering ''n verklaring by die polisie afgelê dat hy in besit van die deur is, maar nie sy kontaknommer of woonadres verskaf nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie