Opsies vir SOE's in deure sluit, su00ea tesourie
Opsies vir SOE's in deure sluit, su00ea tesourie

Opsies vir SOE's in deure sluit, sê tesourie

’n Kenner meen soms is dit oukei dat ’n staatsonderneming vir ’n tyd lank nie kommersieel winsgewend is nie, maar dat hy steeds ’n strategiese waarde tot ’n land voeg.
William Horne – Suid-Afrika kan nie daarmee volhou om staatsondernemings te dra wat nie van kernbelang vir ontwikkelingsdoelwitte is nie.

So meen rolspelers wat Woensdag in Sandton, Johannesburg, deelgeneem het aan Deloitte se vierde Gearing for Growth-konferensie in Sandton, wat op Suid-Afrika se beleërde staatsondernemings gefokus het.

Skaal van korrupsie

Die hoofspreker was Lim Hwee Hua, ’n private-ekwiteitsbelegger en voormalige politikus van Singapoer. Sy het 15 jaar lank kernposte in die Singapoerse regering beklee en was betrokke by die herstrukturering en grootskaalse privatisering van hul staatsondernemings.

Dit word allerweë beskou dat dié stappe ’n groot rol gespeel het in die ontwikkeling van Singapoer tot op eerstewêreldvlak.

“Staatsondernemings in Suid-Afrika vaar tans nog slegter as toe ek in 2016 laas hier was,” sê Lim.

“Die skaal van korrupsie gaan steeds ’n mens se verstand te bowe. Daar is ook meer skuld, meer nepotisme, en talle staatsondernemings staan op die afgrond van insolvensie.”

Lim meen wel Suid-Afrika se staatsondernemings moenie verdwyn nie. Hulle is nodig vir Suid-Afrika se broodnodige ontwikkelingspad.

Om te herstel sal ’n gesamentlike poging van enorme skaal verg, ’n mate van of privatisering of minstens konstante evaluasie om te sien wanneer (“en nie of”) privatisering nodig word, asook eenparige politieke wil, sê sy.

“As jy geen politieke wil het nie, kan jy nie eens begin met so ’n projek nie.

“En ongeduld moet in toom gehou word. Jy kan nie verwag om oornag resultate te kry as jy iets vir só lank net

gelos het nie.”

Sy sê dit het Singapoer – met al die nodige politieke steun en deursigtige prosedures – 20 jaar geneem.

Rooikaarte

Ravesh Rajlal, hoofdirekteur van die tesourie, het tydens die paneelbespreking gesê Suid-Afrika het hierdie soort lesse begin leer en is vinnig op pad om moeilike besluite te neem. “Ons het ons staatsondernemings in drie kategorieë verdeel: groen, oranje en rooi.

“Die meeste van hulle is rooi.”

Hy sê die tesourie het vanjaar reeds ondersteuning aan onder meer die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), die SAUK, Denel en Eskom verleen, “maar ons koffers raak nou baie leeg”.

“Ons moet doodeenvoudig begin kyk na ander opsies.”

Van die opsies waarna die tesourie kyk, is sogenaamde private-sektor-vennootskappe (PSP’s).

Hy sê deelname van die private sektor kan kontantvloei en dienslewering beduidend verbeter, veral aangesien die regering toenemend agterkom dat hy “nie werklik al sowat 750 staatsondernemings nodig het nie”.

Deure sluit

Dr. Martyn Davies, besturende direkteur van Deloitte, het opgemerk dit is die eerste keer dat hy hoor van PSP’s, maar hy verstaan hoekom nuwe terme gebruik word vir wat uiteindelik op stelselmatige privatisering neerkom.

Volgens Rajlel is privatisering nie al opsie waarna die regering kyk nie.

“Ons kyk nou ook of ’n staatsonderneming werklik van kernbelang is vir die land se ontwikkelingsdoelwitte en of dit eerder geprivatiseer, geamalgameer of eenvoudig toegemaak moet word.

“Ons gaan hierdie hervormings met haas begin toepas. Ons het die afgelope twee jaar deeglik geleer hoe dringend dit is.”

Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL, sê staatsondernemings moet ’n fyn balans tussen kommersiële en strategiese waardes handhaaf.

Nie strategies

“Soms is dit werklik oukei dat ’n staatsonderneming vir ’n tyd lank nie kommersieel winsgewend is nie, maar dat hy steeds ’n strategiese waarde toevoeg tot ’n land wat die private sektor nie kan of wil toevoeg nie.”

Hy meen wel die SAL voeg nie meer die strategiese waarde toe wat hy vroeër het nie.

“Dit is dan tyd om kommersieel gefokus te raak. Die regering blyk saam te stem. Maar as ons dan moet meeding as ’n kommersiële rolspeler, moet ons vry wees om presies soos hulle te kan funksioneer.”

Om dit reg te kry, is dit noodsaaklik dat die staat hulle nie meer met teenstrydige doelwitte belemmer nie.

“Daardie dae is verby.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107