Opposisie, Itula gaan hof toe oor verkiesings

PDM gooi gewig agter tandarts

05 December 2019 | Politiek
Denver Kisting – Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister by monde van sy leier, mnr. McHenry Venaani, gesê hulle gaan ook die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) voor die hof daag.

Dít kom nadat dit Dinsdagaand rugbaar geword het die onafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, wil opnuut met die ECN in die hof swaarde kruis.

Volgens Venaani gaan Itula en opposisiepartye waarskynlik gesamentlik die nasionale kiesliggaam oor die uitslae van verlede week se verkiesings hof toe sleep.

’n Brief deur me. Elize Angula is eergisteraand op die ECN beteken waarin Itula hulle tot vandag voor 12:00 kans gee om volledige kiesmateriaal aan die tandarts beskikbaar te stel.

Angula is Itula se derde regsverteenwoordiger in minder as twee weke.

Tydens ’n onlangse dringende aansoek voor die verkiesingstribunaal oor die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope verkiesings het mnr. Henry Shimutwikeni namens hom opgetree.

’n Dag nadat die tribunaal nie in sy guns beslis het nie, was hy tot in die nánag in die hoërhof – dié keer met ’n ander prokureur, mnr. Titus Ipumbu, aan sy sy.

Itula het ook tydens dié dringende aansoek in die stof gebyt – enkele ure voor Namibiërs stembus toe is op 27 November.

EVM’s is toe wel tydens die presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings gebruik.

Namens die tandarts vra Angula in die jongste aflewering van die voortslepende sage dat die ECN vandag alle tersaaklike stemvorms van stembusse verskaf, insluitend skryfbehoeftes wat gebruik is.

Hy wil alle voor-kiesvorms hê met die besonderhede van alle kieserregistrasiekaarte wat deur elke kieser onderteken is.

Itula wil ook alle uitgedrukte kiesuitslae hê wat buite stempunte opgeplak is, en toegang tot al die apparatuur van alle EVM’s en stemversameltoerusting, insluitend alle reeksnommers.

Die tandarts wil ook voor middagete vandag die name van alle voorsittende stembusbeamptes en kiesafdelingbeamptes hê.

Voorvalboeke wat by alle stempunte bygehou moes word, is ook in sy visier.

Angula dring voorts namens hom aan op alle rekords van opgraderings, dienste en instandhouding van EVM’s se programmatuur en apparatuur.

Hy wil ook toegang hê tot alle deskundiges of personeellede wat voor die verkiesings die masjiene ondersoek of daartoe toegang gehad het.

Boonop wil hy bewyse hê dat EVM’s ondersoek is.

Sou die nasionale kiesliggaam nie voor middagete aan dié versoek gehoor gee nie, sal sy die hooggeregshof namens Itula nader, skryf Angula aan die ECN.

Die prokureur lig die ECN voorts in dat Itula hom in elk geval tot die hoogste hof in die land sal wend oor verlede week se verkiesings.

Dit is om daardie rede dat hy omvattende toegang tot alle kiesdokumentasie benodig, lui die twee bladsy lange brief.

Mnr. Theo Mujoro, die hoofkiesbeampte van die ECN, het Dinsdagaand aan Republikein gesê die brief het daardie aand onder sy aandag beland.

Hy het onderneem om gister daarop kommentaar te lewer, maar het nie gister op navrae in daardie verband gereageer nie.

Landdros Uatjo Uanivi, die voorsittende beampte van die tribunaal, het verlede Maandag bevind dié instelling het nie die jurisdiksie om Itula se eise oor die EVM’s te hoor nie.

Boonop het die tribunaal bevind die aansoek was nóg baie dringend nóg dringend.

Die hoërhof in Windhoek het ook verlede Woensdag voordag bevind Itula se aansoek was nie dringend nie.

Die Landless People’s Movement (LPM), onder leiding van mnr. Bernadus Swartbooi, het vroeër gesê hulle oorweeg nog hul opsies.

- [email protected]

Soortgelyk

 

22 gevangenes toets positief vir Covid-19

6 ure gelede | Gesondheid

Twee-en-twintig gevangenes van die Sentrale Gevangenis in Windhoek is deel van die 34 nuwe Covid-19-gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Volgens die minister...

Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

11 ure gelede | Misdaad

Kristien Kruger – ’n Beweerde baba-ontvoering het inwoners van Havana geskok net weke ná twee gruvoorvalle in dié informele nedersetting in die hoofstad.’n Twee maande...

Noorde brand wéér

21 ure gelede | Omgewing

‘n Groot veldbrand woed tans naby Tsumeb, met een persoon wat sê hy kon bykans nie verby die vuur kom om die dorp binne te...

345 leerlinge toets positief vir Covid-19

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Tot op hede het 345 leerlinge in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Die meeste is in die Oshikotostreek en wel 170 (49,3%)...

Viskwota-sirkus

21 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die regering se viskwotaveiling het klaaglik misluk.Van die beoogde N$628 miljoen wat die regering uit die kwotaverkope vir maasbanker, stokvis en monnikvis...

Jooste skors Nida-raad

21 ure gelede | Regering

Elvira HattinghDie huidige raad van direkteure vir die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), is gevra om hul kantore te ontruim en is die afgelope...

Weer vir 1 Oktober

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met 'n paar buie, andersins sonnig en baie warm tot warm in die //Karasstreek.KUS: Gedeeltelik bewolk...

Lucia sterk goed aan

21 ure gelede | Gesondheid

Tanja Bause Vier maande nadat Lucia Soroses (8) met ernstige brandwonde na die sentrale hospitaal in Windhoek verplaas is, sterk sy goed aan.Mnr. George Olivier...

Meer as miljard vir MIV-stryd

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDie bekamping van MIV/vigs in Namibië het ’n reuse-hupstoot van miljoene Namibiese dollar gekry met die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat...