Opperman verwag weerstand van Falcon

Drie opwindende wedstryde is in die vooruitsig.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Ronde 3 van die Namibië Rugby-unie se premierliga word vanaand om agtuur by die Trustco United-veld afgeskop, wanneer die jeugdige Reho Falcon daar besoek aflê.

Afrigter Jood Opperman, wie se United-span laas naweek hul eerste wenpunte teen FNB Western Suburbs behaal het, sê: “Falcon het verlede jaar vir ons harde bene laat kou op ons eie veld, so ek weet my manne sal hulle nie onderskat nie.

“Falcon bou weer van onder af 'n span met paar jong spelers en ek weet dat ons vir 80 minute getoets sal word. Gerald Loubser doen op die oomblik uitstekend met 'n jong groep en hy sal al sy troefkaarte gereed hê vir ons. Sy spannetjie het 60 minute lank vir Unam besig gehou, so hulle wys definitief karakter.”

Reho Falcon sou eers gisteraand sy span bevestig wanneer die stand van 'n paar beserings uitgeklaar is, het spanbestuurder Deon Mouton laat weet.

Die Reho Falcon spelersgroep is: Voorspelers: Peter Beukes, Jacques Platt, Reginald Araeb, Damian Engelbrecht, Max van Wyk, Toby van Wyk, Greg Stein, Enrico Benade.

Agterspelers: Samile Loubser, Des-Lee Beukes, Donaville Lebereki, Diego Loubser, Dario Vries, Anthony Brandt, Deselvano Beukes, Armando Dentlinger, Steward Swartz.

Trustco United: 15 Elmo van der Byl, 14 Stefan Louw, 13 Tuna Amutenya, 12 Alcino Isaacs, 11 Nandivatu Karuuombe, 10 Riaan van Zyl, 9 Morné Blaauw, 8 Naude Neethling, 7 Niël van Vuuren, 6 Zayne Groenewaldt, 5 Lionel Nantes, 4 Winmar Rust (kapt), 3 Herman Grobler, 2 Dewald Coetzee, 1 Simon Kanime.

Reserwes: Stefano Labuschagne, Jason Benade, JP Grobler, Tewis Brand, Darryl Vries, Henry Kandjou, Moses Sakeus.



SUBURBS SPEEL TUIS

FNB Western Suburbs sal môre opnuut onder druk wees in sy tuiswedstryd teen FNB Wanderers.

Die twee klubs het vanweë die klubkrieket se halfeindstryd by Wanderers venues uitgeruil en môre se rugby is dus na Suburbspark verskuif.

Die Khomasdallers het op die eerste twee naweke nederlae teen Unam (18-51) en United (13-18) gely en 'n derde opeenvolgende nederlaag sal hul ondersteuners bitter onrustig oor hul vooruitsigte stem.

Onder hul nuwe afrigter, Llewellyn Winkler, sal die groen truie boonop met 'n uiters ervare en gemotiveerde span Wit Hingste te doen kry.

Die vleuel David Philander word sedert sy terugkeer verlede jaar uit Nieu-Seeland as 'n Wanderers-speler gelys, maar vanweë sy nasionale verpligtinge sal môre sy eerste verskyning in dié klubtrui wees.

“Ons sien uit om ná ons afnaweek vir David Philander, Ruan Ludick en Rohan Kitshoff in ons span te verwelkom. Hulle kon nie die derby teen United speel nie weens die nasionale groep se oefenkamp op Potchefstroom,” sê Wanderers se ondervoorsitter, Willem van Zyl.

“Manne soos Christo van der Merwe (skouerbesering), JC Greyling (uitstedig), AJ de Klerk (vriend se troue), Janry du Toit (enkelbesering), Johann Tromp (Warrior Race) en Dirkie von Weidts (werk) is nie beskikbaar nie, maar ons het genoeg diepte om steeds 'n goeie span uit te stuur om skade te maak.

“Stef Botha is vir agt weke uit weens harsingskudding wat hy teen United opgedoen het. Enem Kritzinger, wat in daardie wedstryd buitesenter en kaptein was, en die flank Brian Roodt (knie) rus ook so bietjie.

“Ons moedig alle ondersteuners aan om ons in Khomasdal te kom ondersteun. Dit sal beslis die wedstryd van die naweek wees om by te woon.”

FNB Wanderers: 15 Mahco Prinsloo, 14 David Philander, 13 Jamie Joseph, 11 Malcolm Moore, 12 Francois Wiese, 10 Stiaan van der Merwe (o.kapt), 9 Dian von Solms, 8 Royal Otto, 7 Dirk de Meyer, 6 Rohan Kitshoff, 5 Denzil van Wyk, 4 Ruan Ludick, 3 Christo McNish, 2 Gerhard Lotter, 1 Nian Berg (kapt).

Reserwes: Stefan Hattingh, Frans van Wyk, 18 Driaan Vorster, Dawn Marondedze, Cody la Cock, Heico Prinsloo, Rudie Pretorius.



KUDUS OP REIS

'n Potensiële kragmeting waarvoor selfs neutrale aanhangers lippe kan aflek, word môre by die Unam-hoofkampus gespeel.

In laas naweek se ronde 2 het Kudus op Walvisbaai sy seisoen geopen deur oortuigend met 47-17 verby Rehoboth Rugbyklub te storm.

Unam se getuigskrif is so vleiend as wat kan kom – heersende kampioen sedert 2015 en voorloper ná twee rondes in 2018, wie se string opeenvolgende oorwinnings reeds op 'n bykans ondenkbare 34 staan.

Die “Red Army” sal oudergewoonte môre die pawiljoen vol maak en Kudus sal dus geen gunste van afrigter Johan Diergaardt se manne kan verwag nie.

Kudus: 15 Lloyd Jacobs, 14 Floyd Freygang, 13 Chrysander Botha, 12 Michael Hummel, 11 Casio Schoombe, 10 Ivo Croza, 9 Percy Nash, 8 Ngumee Nguaiko, 7 Cameron Langenhoven, 6 Joshua Jacobs, 5 Grandt Nash, 4 Lee-Uwardo Sitzer, 3 Lorenco Calaza, 2 Bjorn Block, 1 Anthoney Hoebeb.

Reserwes: Markus Nangoro, Codey Naholo, Ernesto Bampton, Ricardo Kubas, Carlton Stevens, Ulriato Lawrence, Almandro Jansen.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%