Oplossing vir spore onder duine
Tanja Bause
Tubular Track Namibia (Pty) Ltd is tans besig om sand op die treinspoor tussen Grasplatz en Lüderitz met laaigrawe te verwyder. Die sand word verwyder sodat die nodige afmetings en gedetailleerde ingenieursontwerpe vir 'n tonnel gedoen kan word.
“Ons raadgewende ingenieurs is besig om die ontwerpe vir 'n sandduintonnel te finaliseer,” het mnr. Robert Kalomoh, direkteur van spoorweginfrastruktuurbestuur in die ministerie van werke en vervoer, gesê.
“Sodra die ontwerpe en die kosteberekening afgehandel is, sal die ministerie daarvoor begroot.
“'n Kontrakteur sal die tonnel dan volgens die wet op openbare aanstellings bou,” het Kalomoh gesê.
Die laaste lokomotief en vier waens het op 19 November 2014 vir die laaste keer per spoor op Lüderitz aangekom.
Die waens was met gruis gelaai wat vir die bou van die laaste gedeelte van die spoorlyn tot in die hawe nodig was. Dit was toe die eerste trein in 18 jaar om in Lüderitz aan te kom en tot dusver ook die laaste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie