'Oplossing gesoek vir werklose maatskaplike werkers' – Zulu
Llewellyn Prince – Sowat 7 000 gekwalifiseerde maatskaplike werkers sit sonder werk by die huis.
En dié getal is net dié wat op uitnodiging op ’n databasis geregistreer het wat die regering vroeër vanjaar ingestel het om ’n bestekopname van die werkloses te doen.
Die getal sluit ook nie die 5 000 werklose maatskaplike werkers in wat deur die departement van maatskaplike ontwikkeling se eie studiebeursprogram gestudeer het, maar steeds nie ’n vaste werk het nie.
Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Woensdag gesê dat die regering tans ’n oplossing probeer kry vir hul werkloosheid deur middel van ’n interdepartementele beplannings-en-bestuurstrategie oor menslike hulpbronne te ontwikkel.
Maatskaplike werk is al in 2001 as ’n kritieke vaardigheid in die land verklaar.
Zulu het Woensdag in ’n verklaring gesê die strategie word gelei deur die Nasionale Ontwikkelingsplan se visie dat die indiensneming van maatskaplike werkers gefasiliteer moet word omdat die land teen die einde van 2030 sowat 55 000 maatskaplike werkers nodig sal hê.
Sy het gereageer nadat lede van die oorsigkomitee oor gesondheid en maatskaplike ontwikkeling Dinsdag tydens ’n sitting oor haar departement se jaarlikse prestasieplanne hul kommer oor die lot van werklose maatskaplike werkers gelug het.
Zulu het gesê maatskaplike werk bly ’n kritieke vaardigheid en een van die belangrikste beroepe wat bydra om die lewe van armes en die heel kwesbaarste Suid-Afrikaners te verbeter.
Volgens Zulu is die indiensneming van maatskaplike werkers daarom hoog op haar agenda en glo sy dat ’n gesprek in die regering, sowel as die privaatsektor, daaroor nodig is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie