Opleidingsentrum teen stropery geopen
Die minister het dié naweek amptelik 'n sentrum geopen waar die teenstropery-eenheid opgelei sal word om stropers vas te vat.
Francoise Steynberg
Die ministerie van die omgewing en toerisme sal 495 lede van die teenstropery-eenheid by 'n nuwe opleidingsentrum van N$6 miljoen by Waterberg oplei.
“Ons sal voortgaan om meer bronne te belê in die stryd teen die onwettige jag van Namibië se renosters en olifante,” het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, dié naweek tydens die amptelike opening van die sentrum gesê.
“Die situasie kan as 'n prioriteitsmisdaad gesien word. Opleiding is een gebied waarin ons meer moet belê.”
Die minister sê ongekende vlakke van olifant- en renosterstropery word in Afrika ervaar met Namibië wat nie 'n uitsondering is nie.
“Die situasie vereis die volle implementering van ons huidige strategieë en maatreëls om onwettige jag te beveg,” het hy gesê.
Hy sê wildsmokkelary het 'n miljoen dollar misdaadonderneming geword wat uitgebrei het na meer as 'n kommersituasie oor bewaring.
VOETE OP GROND
“Die verhoogde betrokkenheid van georganiseerde misdaad in stropery bevorder korrupsie en versterk onwettige handelsroetes, dit bedreig vrede en destabiliseer ekonomieë en gemeenskappe wat afhanklik is van wild vir hul lewensbestaan.” Shifeta sê om Namibië se wild te beskerm en die nasionale parke goed te bestuur, moet verseker word dat alle strategieë ten volle geïmplementeer is.
“Een so 'n strategie is die opleiding van personeellede en voete op die grond,” sê hy.
Volgens Shifeta sal die teenstropery-opleiding verskeie aspekte behels soos onder meer die beginsels van teenstropery-operasies, die doel van patrollies, sketsbeplanning, navigasie, die hantering van 'n misdaadtoneel, ondersoektaktieke, die versamel van intelligensie, wildwetgewing, die hantering, onderhoud, stoor en bestuur van vuurwapens en ammunisie en sleutelfaktore wat tydens patrollies vermy moet word.
Die opleidingsenstrum sal ook gebruik word vir die werwing van natuurbewaarders en veldwagters wat deur praktiese en teoretiese keuringsprosesse moet gaan sodat die regte personeel vir die regte werk gekry kan word, asook vir die bestuur van wild en beskermde gebiede.
“Ons het die Waterberg Nasionale Park gekies omdat dit strategies sentraal geleë is en maklik van alle hoeke in die land bereik kan word,” het Shifeta gesê.
Hy bedank die Versterking van die Beskermde Gebiede-stelsel, oftewel die PASS-projek, 'n projek van die ministerie wat deur die Wêreld Omgewingsfasiliteit (GEF) in samewerking met die VN se Ontwikkelingsprogram (UNDP), wat die konstruksie van die opleidingsentrum gefinansier het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie