Opleiding vir gesondheidswerkers
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Juliet Kavetuna, het die Amerikaanse ambassadeur, mnr. Thomas Daughton, na 'n opleidingsessie genooi oor die gebruik van beskermende kleredrag vir gesondheidswerkers.
Die opleiding is aangebied deur 3M en Cymot, die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming, en met die ondersteuning van die Amerikaanse president se noodplan vir die verligting van vigs (Pepfar).
Die adjunkminister en ambassadeur Daughton is onder meer ingelig oor beskerming by gesondheidsinstellings om die oordrag van TB te voorkom deur middel van 'n omvattende TB-infeksiebeheerprogram.
Die program sluit onder meer administratiewe- en omgewingsbeheer in, asook die gebruik van beskermende toerusting.
Dit is standaardpraktyk vir gesondheidswerkers wat TB-pasiënte versorg om weggooibare asemhalingsmaskers te dra wat die lug suiwer.
Word dié maskers egter nie reg gebruik nie, sal dit nie beskerming teen die oordrag van die siekte bied nie.
Die afgelope maand is 200 gesondheidswerkers dwarsoor die land opgelei oor hoe om die maskers te gebruik.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) is Namibië een van 10 lande in die wêreld wat die meeste deur TB geraak word.
Die infekteringskoers in Namibië staan op 40% - sowat 489 gevalle uit 'n 100 000 inwoners.
Volgens die WHO se 2016 Tuberkulose-verslag eis die siekte jaarliks byna twee miljoen lewens.
'n Kwart van die wêreld se bevolking, sowat twee miljard mense, het TB, terwyl daar in 2015 'n beraamde 10,4 miljoen nuwe aktiewe gevalle in die wêreld aangemeld is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie