Opleiding vir afrigters en blasers
Opleiding vir afrigters en blasers

Opleiding vir afrigters en blasers

Rugby
Vir die voortdurende versterking van sy administratiewe kapasiteit het die Namibië Rugby (NRU) die aanbieding van die volgende opleidingskursusse in oorleg met Wêreldrugby binne die volgende weke aangekondig:

Vrydag en Saterdag, 17-18 September: Vlak 1 afrigterskursus in Grootfontein.

Vrydag en Saterdag, 17-18 September: Skeidsregters en wedstrydbeamptes, vlak 1 in Grootfontein.

Vrydag en Saterdag, 17-18 September: Skeidsregters en wedstrydbeamptes, vlak 1 in Walvisbaai.

27-30 September: Wêreldrugby-kursus vir opleiers van afrigters, in Windhoek.

1 Oktober: Eerstehulp (FAIR, First Aid in Rugby) vlak 1-kursus in Windhoek.

1 Oktober: Krag- en kondisioneringsafrigting, vlak 1-kursus in Windhoek.

1 Oktober: Vlak 1 afrigterskursus in Windhoek.

1 Oktober: Skeidsregters en wedstrydbeamptes, vlak 1 in Windhoek.

Al hierdie kursusse word deur instrukteurs met akkreditasie van Wêreldrugby aangebied. Individue hoef nie aan 'n klub of skool verbonde te wees nie en kan kosteloos registreer, selfs een dag voor die kursus van hul keuse.

Verdere navrae kan aan die NRU se bestuurder vir ontwikkeling, mnr. William Steenkamp, by sel. 081 127 1862 gerig word.

Steenkamp sê: “Ons is besig met 'n strategiese plan van opleiding om mense met die vaardighede toe te rus op al hierdie noodsaaklike gebiede en rolle waarsonder rugby nie kan funksioneer nie.

“Skeidsregters is een gebied waar ons oor die hele land heen 'n spesifieke tekort ondervind. Ek wil mense van alle ouderdomme aanmoedig om as skeidsregters betrokke te raak. Enige beginner van 14 jaar of ouer kan stap vir stap deur ons opleiding- en mentorprogram vorder om stelselmatig aan laerskolewedstryde en die daaropvolgende vlakke boontoe blootgestel te word.”

FOTO
Mnr. William Steenkamp, die NRU se bestuurder van ontwikkeling. Foto World Rugby / Getty Images

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer