Opgeknapte sekuriteit vir Oshikuku
Die ministerie glo die nuutgeboude kantore – ’n opgradering van die begindae onder ’n tent – sal die veiligheid en werksomstandighede van polisiebeamptes verbeter.
Tunohole Mungoba op Oshikuku
Die regering het deur die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit ’n polisiekantoor ten koste van sowat N$79,6 miljoen op Oshikuku in die Omusatistreek gebou.
“Hierdie is nie net ’n duidelike aanduiding van die regering se verbintenis tot die veiligheid van die Oshikuku-gemeenskap en die Namibiese nasie as geheel nie, maar ook die werksomstandighede van polisiebeamptes wat ’n baie belangrike en uitdagende taak het om gemeenskappe te beskerm,” het minister Frans Kapofi gesê.
Die polisiekantoor is Woensdag geopen. Die konstruksiewerk het op 15 Maart 2016 begin en is in Desember 2020 voltooi.
Die polisiekantoor bestaan reeds vanaf 2002, maar bedrywighede het voorheen onder ’n tent geskied.
Die nuut geboude stasie het 23 kantore, aanhoudingselle, bedienerskamers, raadsale en huise vir werkende polisiebeamptes.
“Voor die oprigting van die polisiekantoor moes polisiebeamptes elke dag van Oshakati reis weens die tekort aan akkommodasie vir beamptes.
“Polisiedienste – hoe duur dit ook al mag wees – is van kardinale belang, aangesien maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling nie sonder vrede, stabiliteit en veiligheid kan plaasvind nie,” het Kapofi gesê.
SAMEWERKING
Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het gesê hoewel die inwoners van Oshikuku hulself oor die algemeen “goed gedra'”, moet die gemeenskap saamwerk om misdaad te beveg.
“Slapelose nagte oor die vlak van misdaad in ons gemeenskappe raak nie net die polisie nie, maar almal in die departement van justisie. Ons moet die publiek halfpad tegemoetkom en die sigbaarheid van die polisie verhoog,” het Ndeitunga gesê.
Kapofi het beamptes ook gemotiveer om hul verantwoordelikhede ernstig op te neem en altyd die gemeenskap te dien.
“Ek wil nie by die polisiekantoor aankom en beamptes op hul telefone sien speel nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie