Operasie Omake behaal welslae
Estelle de Bruyn
Sedert Operasie Omake in werking getree het, het die polisie reeds 2 577 gevaarlike wapens tydens klopjagte gekonfiskeer.
Die projek is daarop gemik om misdaad in Namibië te bekamp. Die inligting is deur die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, in die Nasionale Vergadering bekend gemaak toe hy ’n ministeriële verklaring gelewer het.
In die tyd is beslag gelê op 305 pistole, 24 gewere, vier rewolwers, 2 011 stukke ammunisie, tien haelgewere en een speelgoedgeweer. Altesaam 42 vuurwapens wat gebruik is om ernstige misdaad te pleeg, is ook gekonfiskeer.
Altesaam 1 308 verdagtes is vir verskillende misdade wat wissel van rooftogte, winkeldiefstal, aanranding, huishoudelike geweld en inbrake in hegtenis geneem.
Volgens Namoloh is 1 173 onwettige immigrante aangekeer en beslag is op dwelmmiddels ter waarde van N$ 1 747 728 gelê.
Altesaam 26 309 lasbriewe is vir verkeersoortredings uitgereik en 1 941 mense is vir die oortreding van verkeersregulasies in hegtenis geneem.
Tot dusver is 50 rivierbeddings en gebiede waar misdaad gereeld voorkom, ook opgeruim.
Namoloh het verduidelik dat pres. Hage Geingob, na aanleiding van die ernstige toename in misdaad in veral Windhoek, opdrag gegee het dat iets daadwerklik gedoen word om die situasie onder beheer te bring.
Gevolglik is ’n ministeriële loodskomitee onder Namoloh se voorsitterskap op die been gebring om uitvoering hieraan te gee.
Die doel van die projek is om misdaad te bekamp, asook om lewens en eiendom deur intensiewe wetstoepassingoperasies te beskerm.
Verskeie instansies, waaronder die ministeries van die omgewing en toerisme, binnelandse sake en immigrasie, stedelike en landelike ontwikkeling, werke en vervoer, verdediging, onderwys, kuns en kultuur, hoër onderwys, gesondheid en maatskaplike dienste, nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, inligting en kommunikasietegnologie asook die Windhoekse stadspolisie is by die projek betrokke.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie