Operasie Kalahariwoestyn eis eerste slagoffer
Operasie Kalahariwoestyn eis eerste slagoffer

Operasie Kalahariwoestyn eis eerste slagoffer

Fel kritiek is al uitgespreek oor beweerde brutaliteit tydens gesamentlike operasies van die Namibiese polisie en weermag.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Operasie Kalahariwoestyn het sy eerste slagoffer geëis toe ‘n taxibestuurder vroeg gisteroggend in die Greenwell Matongo-nedersetting in die Wanaheda-woonbuurt in die hoofstad doodgeskiet is.

Volgens ‘n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het lede van die operasie omstreeks 01:00 ‘n mini- mobiele padblokkade in Monicastraat in dié informele nedersetting opgestel.

“Toe ‘n taxi by die padblokkade aankom, het die taxibestuurder glo ‘n U-draai gemaak en weggejaag. ‘n Weermaglid wat saam met ‘n polisielid was, het glo ‘n skoot uit sy AK 47-aanvalsgeweer in die rigting van die taxi afgevuur,” het Shikwambi gesê.

“Die koeël het deur die kattebak van die taxi gegaan en die taxibestuurder in sy kop getref. Hy het op die toneel gesterf.”

Shikwambi het gesê die oorledene, wat nog nie geïdentifiseer is nie, was alleen in die taxi.

Die weermaglid (38), wat by die Luiperdvallei- militêre basis buite Windhoek gestasioneer is, is in hegtenis geneem.

Volgens Shikwambi sal hy vandag in die Windhoekse landdroshof in Katutura op klagte van moord en die nalatige hantering van ‘n vuurwapen verskyn.

Hewige kritiek is al uitgespreek oor brutaliteit wat glo tydens die gesamentlike operasies van die Namibiese polisie en weermag teenoor die publiek getoon word, soos tydens Operasies Hornkranz en Kalahariwoestyn.

REGSHULPSENTRUM

Me. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), het gesê volgens die verdedigingswet het ’n soldaat dieselfde magte en pligte as ’n polisiebeampte; dus kan hy redelike krag net in die konteks van ’n inhegtenisneming gebruik.

“In hierdie geval lyk dit of dit nie tot ’n inhegtenisneming gelei het nie, so dit is nie redelike krag nie. Daar was ander opsies soos om die buitebande te skiet of per radio ’n beskrywing van die voertuig aan ander beamptes te gee,” sê Hancox.“En waar was die waarskuwingskoot?” vra sy.

Hancox meen dit is goed dat die weermaglid aangekla is, “maar wat my pla, is ná al die kwessies oor die afgelope weke wat die hoofde van die polisie en weermag bevestig het en sou hanteer het, lyk dit of niks daarná gebeur nie”.

Sy vra die volgende vrae: “Waar is die proaktiewe optrede? Is hulle aktief betrokke by hierdie kwessies en word die inligting oorgedra? Is die soldate bewus van die feit dat wanneer hulle saam met die polisie in hierdie situasie werk, hulle aan die bepalings van die polisiewet moet voldoen?”

Lt.kol. Petrus Shilumbu, woordvoerder van die Namibise weermag, wou die skietvoorval by navraag nie bespreek nie. “Hierdie is ‘n gesamentlik operasie met die Namibiese polisie en die voorval word deur die polisie ondersoek. Nader die polisie om kommentaar,” het hy gesê.

AR SE REAKSIE

Mnr. Job Amupanda, van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), het gister in ’n mediaverklaring heftig op die voorval gereageer.

“AR neem kennis dat die regime deur die polisie-operasies, wat bedoel is om burgers te terroriseer om hul politieke doelwitte te bereik, ’n burger doodgeskiet het,” het Amupanda gesê.

“Ons pleit lankal saam met baie Namibiërs dat die rol en plek van soldate nie in die strate is nie. Ons is nou in die stadium waar ’n lewe verloor is.

“As soldate in die strate bly, gaan meer lewens verloor word. Ons wil verseker soldate wat opgelei is om dood te maak, word van die strate verwyder,” het Amupanda gesê.

Hy sê die AR beraadslaag met verskeie organisasies wat gewillig is om ’n dringende hofbevel voor die Windhoekse hoërhof te bring.

“As die hof nie na ons luister om ander mense se lewens te red nie, sal ons ander middele vind om die lewens van ons burgers te beskerm.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026