Openlik vir All Blacks skree nie meer taboe

Rugby

11 September 2018 | Sport
Met die All Blacks wat sedert hul triomf in die 2011 Wêreldbeker onteenseglik die botoon voer in internasionale rugby, word honderde ondersteuners van dié kampioenspan die komende naweek in Rehoboth verwag vir ’n saamtrek waartydens ’n eie Namibiese All Blacks ondersteunersklub geloods word.

Die “Namibian All Blacks Supporters Gathering 2018” skop reeds om 16:00 op Vrydag, 12 September af met die registrasie van deelnemers en die oorhandiging van ondersteuners T-hemde by die Rehoboth skougronde.

Dit word gevolg deur ’n optrede deur Devon Moller, een van Rehoboth se gewildste sangers, terwyl Whani Jansen met sy prettige musiek die Saterdag-verrigtinge op ’n hoë noot sal afsluit.

Die verrigtinge word gelei deur die immergroen Rynault van Wyk, wat as seremonie-direkteur ’n heel paar kwinkslae oor die stand van wêreldrugby sal kwytraak.

Veteraan All Blacks-ondersteuners in Namibië sal ook erken word, terwyl verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse All Blacks ondersteunersvereniging ook spreekbeurte sal kry.

’n ‘Meneer en Mejuffrou All Blacks’ kompetisie lei die hoogtepunt in van die verrigtinge – die amptelike loodsing van die All Blacks ondersteunersklub en die verkiesing van ’n uitvoerende komitee.

Die naweek se verrigtinge word Saterdagoggend voortgesit met ’n ontbyt met Flora Izaaks, ’n bekende spysenier op Rehoboth, voor die Rugbykampioenskap-toets tussen die All Blacks en die Springbokke vertoon gaan word op altesame agt skerms by die Rehoboth skougronde.

Ná die toets sal ondersteuners optrek vir ’n parade deur Rehoboth se strate. Dit word afgesluit by die B1-diensstasie met ’n uitvoering van die haka, die All Blacks se bekende oorlogsdans.

Ene Angelika skryf op ’n blog: “Die haka, wat ‘dans’ beteken, word nie net sommer sonder rede aan die begin van ’n Nieu Seelandse rugbywedstryd gedans nie. Hulle haka ook vir vrede, eenheid, goeie en donker tye. In die begin van 2011, toe ’n aardbewing Christchurch getref het, het die land se inwoners klokslag om twaalfuur ge-haka om hul meegevoel met die stad se burgers te toon.”

Die voorsitter van die reëlingskomitee, Welbert Ockhuizen, vertel dat All Blacks-rugby wye en passievolle ondersteuning oral in Namibië geniet.

“Rehoboth word egter beskou as die mekka van All Blacks ondersteuning en dit was logies om die dorp te kies vir die amptelike loodsing van die ondersteunersgroep.”

Ockhuizen het gereageer op kritiek dat Namibiërs ’n span ondersteun wat ver van die land is, terwyl ons eie Welwitschias en ook die Springbokke in die buurland self ’n barshou speel.

“Die feit dat ons All Blacks rugby-ondersteuners is, maak nie van ons minder ondersteuners van Namibië nie. Hulle bly steeds ons prioriteit, want dis ons eie mense. Wanneer Namibië tydens die 2019 Wêreldbeker in Japan teen die All Blacks speel, sal ons ewe hard vir hulle skree; inteendeel, ons sien uit om te aanskou hoe die Namibiërs hulle van hul taak kwyt teen die beste spanne ter wêreld.

“Ten spyte van al hul glorie en oorwinnings, bly die All Blacks met hul voete plat op die aarde en verwelkom en waardeer hul ondersteuners, ongeag waar hulle vandaan kom.”

Ockhuizen het benadruk dat een van die hoofdoele van die ondersteunersklub is om geld in te samel vir verdienstelike welsyngevalle en organisasies in die hele gemeenskap van Namibië – veral op die gebied van sport en akademie.

Die reëlingskomitee het verseker dat verrigtinge stiptelik sal begin en nooi alle ondersteuners van rugby uit om deel te hê aan die naweek wat beloof om vol pret en familievermaak te wees.

Die voorsitter van die reëlingskomitee, Welbert Ockhuizen, kan vir navrae by 081 122 4800 geskakel word.

Soortgelyk

 

Vroue, kinders bloei in Namibië

19 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy Diep wonde, gebreekte bene én tande – dís een uit elke vier getroude vroue in Namibië se beserings ná hul mans hulle onsedelik...

Pitt dood gevind

19 ure gelede | Misdaad

Adolf Kaure op Swakopmund - Die lyk van die vermiste mnr. Ivan Pitt (29) is gisteroggend in die motorhuis van die moordhuis op Swakopmund ontdek...

Petrolprys mik vir N$14

19 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh Die prys van brandstof verhoog môre om 00:01 wéér – dié keer met 50 sent per liter vir petrol en 70 sent per...

Weer, Dinsdag 6 November 2018

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Noorde met enkele donderbuie in die Kavango- en Zambezistreek. Elders sal dit sonnig en koel...

Kinders vind pa en dogter se lyke

19 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Saak van moord en selfmoord word deur die Namibiese polisie ondersoek nadat kinders Vrydag op 'n pa en dogter (3) se...

Drie mense die naweek doodgery

19 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause - ’n Man (25) het Saterdag omstreeks 15:42 in ‘n voertuigongeluk buite Walvisbaai gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voertuig met...

Geingos, Geldof kry MIV/vigs-prys

19 ure gelede | Gebeure

Ronelle Rademeyer - Die Namibiese presidentsvrou, me. Monica Geingos, is Sondag in Berlyn, Duitsland, saam met die Ierse sanger en politieke aktivis Bob Geldof met...

Getuie hou voet by stuk oor Katrina

19 ure gelede | Howe

Denver KistingDie man wat in Desember 2014 'n ministeriële afvaardiging na Mariental gelei het, mnr. Merrow Thaniseb, het Vrydag voet by stuk gehou oor 'n...

Namibië: Geen gevalle tot dusver van 'demoon-dwelm'

19 ure gelede | Polisie

Francoise SteynbergDie Namibiese polisie het ­bevestig geen gevalle van 'n vreemde dwelmmiddel wat tientalle jongmense en tieners in Pretoria in Suid-Afrika verlede week in die...