Openbaarmaking van !Oe#Gân-finansies kom glo
Catherine Sasman - Die stamhoof van die !Oe#Gân tradisionele owerheid, hoofman Immanuel /Gáseb, het onderneem om bevindinge van ’n omvattende oudit oor die finansiële toestand van die owerheid die komende naweek by ’n raadsvergadering in sy regsgebied bekend te maak.
/Gáseb wou nie sê of die vergadering op Okombahe gaan plaasvind nie, maar het bygevoeg dat dit ook op een van die plase onder die owerheid se gesag kan wees.
Die sperdatum van hierdie veel verwagte onthullings is reeds twee keer uitgestel. /Gáseb het eers beloof om dit op 15 Februarie te doen en het later die datum tot 30 Junie uitgestel.
Sy hoof van protokol, mnr. Erastus Gonteb, het aan die begin van dié week gesê dié datum is weer tot vandag uitgestel.
/Gáseb en sy uitgesoekte raadslede en raadplegers is steeds haaks met ’n groep senior raadslede wat hulself die “bekommerde groep” (concerned group) noem oor die hantering van die owerheid se finansies.
’n Senior raadslid, wat anonimiteit verkies, het gesê hulle gaan om ’n hofinterdik aansoek doen om ’n forensiese finansiële ondersoek in die owerheid se sake aan te vra.
“Ons het vertroue in die gesag van die regering verloor. Ons het ’n petisie by die kantoor van die president en die Erongo-goewerneur ingehandig, maar niks word gedoen nie. Daar is nie hoop op die regeringstrukture nie. Ons as gemeenskap wend ons daarom nou tot die hof,” het die senior raadslid gesê.
Die petisie aan die Erongo-goewerneur, mnr. Cleophas Mutjavikua, is op 19 Mei ingedien.
In sy antwoorde op 30 Mei aan Mutjavikua het /Gáseb op sy beurt gesê senior raadslede mnre. Stanilous /Kheib, Johannes Gurirab, Joseph /Narib en Jansen !Konteb het die afgelope sewe jaar ’n ineenstorting in die administrasie, grondadministrasie en finansiële bestuur veroorsaak.
Hy het hierdie raadslede uitgesonder as UDF-lede wat sy Swapo-lidmaatskap verwerp en daarom dwarstrekkerig is.
Die senior raadslede sê egter /Gáseb gebruik sy Swapo-lidmaatskap as ’n rookskerm om wanbestuur te verberg.
Spitzkoppe-kamp
Dié senior raadslede sê die tradisionele gemeenskap wat in die Spitzkoppe-gebied woon, het /Gáseb sowel as hoofman Benjamin !Naruseb beskuldig van finansiële wanbestuur oor konsessiegeld verskuldig aan die owerheid.
Volgens die winsdelingooreenkoms tussen die Spitzkoppe Lodge en die Spitzkoppe-gemeenskapontwikkelingvereniging (SCDA) is N$173 670 in die Standard Bank-rekening van die !Oe#Gân vir die tydperk tussen 1 Julie 2012 en 31 Desember 2015 betaal.
Die senior raadslede sê vandat /Gáseb die bestuur van hierdie bankrekening oorgeneem het, weet hulle nie wat met dié geld gebeur het nie.
’n Ontstoke /Gáseb het gesê daar was net N$35 in dié rekening toe hy dit oorgeneem het. Nou, sê hy, is daar meer as N$90 000 in die rekening.
“Daar is niks om in die publiek oor die Spitzkoppe-kwessie te sê nie. Niks het daar gebeur nie. Watse geld praat hulle van?” wou /Gáseb weet.
!Naruseb, wat as ’n /Gáseb-lojalis beskryf word, is op sy beurt beskuldig dat hy grond onder die regsbestuur van die owerheid onwettig onder “meestal Oshiwambo’s en Kleurlinge” van Swakopmund en Walvisbaai toeken.
!Naruseb het na bewering ook die briefhoofde van die owerheid vervals om grond so uit te gee en het glo tussen N$3 000 en N$5 000 van nagenoeg 30 mense ontvang. Hy is ook beskuldig dat hy grond aan dié mense toegeken het sonder om vir hulle bewyse hiervan te verskaf.
’n Stemopname van ’n mnr. Sem Linas wat op Spitzkoppe Pos 1 geplaas is, dui op hierdie beskuldigings teen !Naruseb.
!Naruseb sê hy ontvang slegs N$25 vir die toekenning van grond, soos dit in die wet bepaal is. Hy sê ook dat as dié mense hom N$150 of N$200 gee wanneer hy met sy motor na hul poste gery het, gee hulle dit uit die goedheid van hul harte.
“Daar is niks anders nie. Alles is leuens; ek ontken alles,” het !Naruseb benadruk.
Op ’n vraag hoekom hy grond aan “ander mense” gee, het !Naruseb geantwoord: “Dit is wat die regering sê; die grond is vir almal. As ek sien iemand het grond nodig, nie dat hulle dit koop nie, gee ek dit vir hulle. Ek is op Odendaal-grond waar bruin, swart en wit saamwoon. Ek is nie op ’n Damara-reservaat nie. Daar is geen grond wat net vir Damaras of enige ander spesifieke groep is nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie