Op plante en goggas se spoor
'n Paartjie wat onlangs 'n seldsame plantjie herontdek het, neem Republikein se lesers op 'n verkenningstog sonder weerga.
Hulle verkies om nie langs die pad te stop om te eet nie.
Trouens, hulle het nie te veel erg aan kos nie.
Dis tyd mors, sê hulle. Amper in gelid.
Dié natuurgeesdriftiges (lees: plant- en gogga geesdriftiges) eet sommer in die ry in hul Jeep Romany Creams vir ontbyt.
Só vertel me. Alma Moller die afgelope week oor haar en manlief, dr. Rolf Becker, se reise vol avontuur.
“Maar ons het darem altyd droëwors en biltong in die kar, en neute.”
“En gellings en gellings Coke Lite,” voeg Rolf by. “Ons stop net om plante te gaan soek – nie om te eet nie. Dis 'n mors van tyd.”
In elk geval, vertel Alma, op die kop 13:00 is wanneer hulle gewoonlik Euphorbias aantref.
Dis hoeka op die spoor van dié uiters seldsame Euphorbia baliola wat hulle vroeg vandeesmaand was toe hulle dié skaars spesie in die Karasberge aangetref het.
Becker is tans 'n dekaan aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) nadat hy besef het aftrede werk nie vir hom nie. Alma is sy lewensmaat en getroue reisgenoot.
Toe sy voete sy lewe sowat tien jaar gelede tot stilstand ruk en hy so te sê rolstoelgebonde was, het hy opnuut besef hoe kosbaar die lewe is.
Hy vertel 'n Pretoriase ortopeed het hom weer op sy voete gekry en sedertdien is daar géén keer aan hom nie. Ook nie aan haar nie.
Stilsit is nie eens 'n verafgeleë opsie nie. Kilometers en kilometers se afgeleë paaie wel. Die plantjie wat hulle twee weke gelede herontdek het, Euphorbia baliola, en wat net in Namibië voorkom, is laas in 1912 opgeteken.
Omdat hulle glo happiness is a state of Euphorbia, mis dit veral nie Alma se oë nie. Rolf vertel skertsend Alma se oë is al só ingestel dat sy teen 120 km per uur 'n Euphorbia raaksien.
Die paartjie ry al die afgelope 15 jaar agter hierdie vingerpolle aan.
“Dit het begin as 'n stokperdjie,” vertel Rolf. “En toe raak ons verlief op die blommetjie,” voltooi Alma sy sin.
“Dis Alma se skuld,” sê hy gemaak-kwaai.
Die afgelope drie jaar veral het hul soektog verdiep.
Saam in hul Jeep het hulle tussen die niksheid en stiltes van die meeste van veral Suider-Afrika, spesifiek Namibië en Suid-Afrika, se afgeleë paaie 180 000 km afgelê.
Hulle versameling foto's beslaan 'n allemintige 55 000.
In dié streek alleen is daar 220 spesies van die vetplante.
Namibië is die gasheer vir nagenoeg 50 van hulle, vertel Rolf.
Euphorbias kom oraloor in die land voor, maar veral Euphorbia baliola is maar aan die skugter kant. “Die skade skiet uit hulle kapsule en trek net so twee, drie treë weg. Dus versprei hulle nie oor groot areas nie.” sê Rolf.
Hulle het dit toe hul sending gemaak om hom (weer) op te spoor.
Rolf sê hulle het die plantjie toevallig gekry. Nee, gooi Alma wal, “ons het gegaan vir hom”.
Die ironie is mense weet van die plant, “maar niemand kon hom opspoor om weer wetenskaplike navorsing op hom te doen nie”, voeg Rolf by.
Só som hy die uiteindelike sukses op: “Ná baie ure se Google en met behulp van 1:250 000- en 1:50 000-kaarte het ons 'n area bepaal waar die plante waarskynlik gevind is. Ons het soontoe gery en die plantjies gekry.”
Rolf en Alma het Dinsdag 8 Januarie die rare vonds gemaak daar naby die einste plek waar H.H.W. Pearson, destydse kurator van die Bolus Herbarium in Kaapstad, die plantjie gevind het.
Hulle bars uit hul nate van jeugdige lewensvreugde, en selfs 'n plant- en gogga-leek se mond begin water wanneer hulle oor hul reise vertel.
Oor die 1912-sending vertel Rolf: “Die eksemplaar is in die Kew Herbarium in Engeland geplaas met 'n duplikaat in Kaapstad se Bolus Herbarium. In 1915 is die plantjie beskryf, gebaseer op die materiaal (wat) gedurende 1912 versamel (is). Daarna is dit nooit weer gekry nie en (was) geen aanvullende inligting beskikbaar nie.”
Volgens hom moes hulle speurvernuf aan die dag lê om ná meer as 'n eeu sedert dit laas gesien is, die plantjie weer in die Karasberge op te spoor. “Om die populasie weer te kry, moes ons nogal baie speurwerk doen. Die enigste leidraad wat ons gehad het, was 'n kriptiese beskrywing van die ligging waar dit (destyds) gevind is.”
Dié vae beskrywing van die destyds vonds lui: “Groot Karasberg. Tussen die eerste en tweede uitspanne tussen Krai Kluft en Naruda Süd.”
Hoewel hulle uiteindelik kwalik hul oë kon glo oor hoe relatief maklik dit was om die plantjie op te spoor, was dit allermins eenvoudig. “In perspektief gesien: Die Karasberge beslaan 'n area van so 50 x 40 km. Die populasie wat ons gekry het, groei in 'n area van 50 x 50 meter,” vertel Rolf.
Die plantjie staan en wag toe vir hulle, niks verder nie as 'n klompie treë van die plaashuis waar hulle hom gekry het.
Aan avontuur skiet hul staaltjies nie tekort nie.
Een van hul gunstelingervarings was op “'n baie afgeleë plek waar ons 'n pap wiel gehad het,” vertel Rolf. “Dit was serious'grammadoelas. Nou, ek is nie die beweeglikste ou nie.”
Alma, “die meer tegniese een”, lê toe onder die Jeep en Rolf staan buite die voertuig toe 'n stuk of tien opgeskote laerskoolkinders verby hom stap en onbedaarlik aan die giggel gaan – skynbaar oor dié snaakse prentjie. “Hulle wou hulle doodlag,” onthou Rolf.
Kort voor lank kom daar 'n ou man met 'n stok aan wat so verontwaardig was weens die jongelinge se gebrek aan respek, dat hy sommer met die stok in hul rigting mik. “Hulle spat toe uitmekaar en die ou oom vra vreeslik om verskoning vir hul gedrag.
“Ons was natuurlik blissfully ignorant oor wat aan die gang was. Dit was kosbaar en het tot 'n mate ons ervaring op die platteland weerspieël. Die plattelandse mense is awesome.”
Hy en Alma is al 26 jaar saam en hoewel hulle geen kinders saam het nie, het hulle onderskeidelik vier en ses kleinkinders. “Die sewende een word volgende maand gebore en dan gaan ouma vir 'n maand kuier,” borrel Alma. “Rolf het darem genoeg hemde (vir vier weke).”
Hulle het nog nooit verskriklik baie tyd oor die afgelope amper drie dekades apart deurgebring nie.
'n Mens kan amper die deernis tussen hulle voel.
Rolf sê die lang ure se gemaklike stiltes tussen hulle op die langpad is vir hom baie kosbaar. “Jy vra my net af en toe of ek nog wakker is,” sê hy vir Alma.
Hulle sê sonder Nedbank se Go Green Fund en die Namibia Nature Foundation sou hul reise nie moontlik gewees het nie.
Rolf sê: “Ek dink jy kan seker agterkom ons geniet wat ons doen, en het 'n orraait verhouding. Ons tyd is net té min.”
Gunstelingboek
Rolf:
The short history of nearly everything - Bill Bryson
Alma:
If tomorrow comes - Sydney Sheldon
Fliek
Rolf:
Ek worry nie rêrig oor flieks nie.
Alma:
Pretty Woman en Dirty Dancing
Bestemming
Rolf:
Die Sundowner Cruise op die Choberivier
Alma:
My mees romantiese plek is Kaapkruis, maar dit was voor hulle daai klomp huise daar gebou het.
Dis
Rolf:
'n Ordentlike stuk vleis. Alma se steak met sampioensous.
Alma:
Ek like dit ook nogal.
Sin/Sinsnede
Rolf:
“Yes, my dear.” (“Dis die belangrikste woorde vir 'n suksesvolle verhouding.”)
Alma:
Jy moet paraat wees.
Stokperdjies
Rolf:
Ek lees baie en ek werk baie. (Hulle lag.)
Alma:
Ek maak houtmeubels (skaal: 12:1) en ek hou daarvan om by ons kleinkinders te gaan kuier.
“Wat Alma nou nie vir jou sal sê nie is oor die voorbereiding vir die kleinkinders gaan kuier,” sê Rolf. Sy het onder meer vir elke kleinkind 'n fotoalbum gemaak met foto's in en 'n storie wat sy opmaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie