Op ons tale!
Vandag is Internasionale Moedertaaldag.
Hierdie instelling word reeds vir 18 jaar op 21 Februarie gevier.
Weens Namibië se multikulturele aard, behoort Moedertaaldag vir elke inwoner van ons land ‘n belangrike betekenis te hê.
Die Verenigde Nasies (VN) se aanvaarding van die plig om moedertale te bevorder en beskerm, is geensins gebaseer op beginsels van eksklusiwiteit of taalstatusse nie. Die beweegrede was die direk teenoorgestelde – om alle tale te erken en inklusiewe gesprekvoering aan te moedig.
Tale is nie net werktuie vir die behoud en voortsetting van kultuur- en ander erfenis nie. Dit is monteerbande vir kennis en innovering, bevorder integrasie en is waardevolle hulpbronne vir vooruitgang.
Vanjaar se tema vir Moedertaaldag plaas die klem op die rol wat taalverskeidenheid en veeltaligheid in volhoubare ontwikkeling kan speel.
Die VN skat meer as 50% van die wêreld se sowat 7 000 tale kan binne enkele geslagte uitsterf. Klein tale staar groter uitdagings in die gesig. ‘n Hele 96% van hierdie tale word gesamentlik deur net 4% van die wêreldbevolking lewend gehou.
Republikein erken en vier, buiten vir Afrikaans, die bydrae en waarde van elke taal in ons land.
‘n Gebrek aan kundige moedertaalonderwysers vir alle skole is een van Namibië se uitdagings wat slim, strategiese oplossings verg.
Ja, daar is verskeie tekorte en uitdagings in ons onderwysbedeling, maar weens die sleutelrol van tale mag taalsake nie aan die agterspeen suig nie.
So sê ander
20 Februarie 2018
Holocaust responsibility: Poland cannot wholly escape blame
“When you find yourself in a hole, don’t call for a bulldozer” is a useful maxim in diplomacy.
The prime minister of Poland, Mateusz Morawiecki, is not a man to follow it.
His Law and Justice party has already passed a law making it a criminal offence to suggest that “the Polish nation” was in any way responsible for the murder of six million Jews. This has infuriated opinion in Israel, and disturbed impartial historians everywhere.
It would be just and reasonable for the Polish leaders to say that these crimes were committed under terrible conditions in a country that suffered dreadfully from war and occupations, and even to add that there are many other countries that have not confronted their past squarely.
Germans planned the genocide and carried out most killings. But they had helpers and informants who should not be forgotten.
• THE GUARDIAN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie