Op die web
Praat saam onderaan berigte op die webwerf.
“Trump 'n walgwors, sê Nam”:
Dit wil vir my voorkom asof dit weer 'n verdraaiing van Trump se woorde is. Dit is jammer om te sien dat Republikein ook nog nie kon agterkom dat sekere internasionale media huise so anti-Trump is dat hulle enige snert kwyt raak om sy reputasie skade te doen. Ek self het nie veel ooghare vir die ou gehad nie, maar toe ek sien dat die man se grootste sonde wat sy opposisie teen hom kon opdis was dat hy gesê het bekende mense kom weg met goed soos om vrouens onbetaamlik aan te raak, was ek nogal verstom. Die feit dat sy opposisie sy woorde moes verdraai om krag daaraan te verleen, spreek ook boekdele. Ons het mos in die laaste jaar duidelik kennis geneem dat hy van ander bekendes gepraat het. Dit het seker nou tyd geword dat iets anders wat hy gesê het verdraai en verkrag moet word om die ommeswaai van die VSA ekonomie uit die kollig te hou. – Jan Malan

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie