Op die web
Gesels saam onderaan die berigte op ons webwerf. Bydraes word goedgekeur voor plasing.
“Baba-oppasser agter tralies”:
Dit is tragies!! Ek huil vir daai klein lyfie wat deur soveel moes gaan. Watse vrees het sy net nie gehad as daai deur agter haar ouers toemaak in die oggende nie. Dit maak my woedend en ek bid dat daar reg sal geskied. Baie sterkte aan die gesin. – Melanie Jansen van Vuuren
Ongelooflik bly om te hoor dat die gereg en alle ander ondersteuningsnetwerke so goed opgetree het. Gee mens vertroue. – Estelle Lubbe
Hoekom kan die ma nie na so 'n vreeslike gebeurtenis self by haar kind bly, “at least” vir 'n tydperk onbetaalbare verlof vat of wat ookal. Baba vertrou nou niemand, nou moet sy weer by vreemdes gaan bly. Nee, dis skokkend om te hoor sy moet na 'n dagsorg toe gaan. Ek voel baie seer oor dit. Bly by jou kind tot sy geestelik gesond word. – Debby Scheepers
Ja, ek stem saam met u dat die kind eers herstel, dan kan hulle haar na 'n dagmoeder neem wat baie ouer en wyser is as 'n jong meisie wat geen benul het wat aangaan as dit by klein kinders kom nie. En ek hoop dat die gemeenskap Annemarie aan die hand sal vat om 'n regte baba-oppasser te kry. Ouer dagmoeders is meer verantwoordelik. – Lawrein van Wyk
Og hene, arme ou klein engel. Dis vreeslik. Ek het eintlik 'n naar kol op my maag. Die ouers het reg opgetree. Laat die oppasser gestraf word, anders sal sy dit weer aan 'n volgende baba doen. Sterkte aan die gesin. – Jacqueline Strauss
Ek is woordeloos as 'n vrou, 'n ma wat ook kinders baar wat deur die Here geskape is het 'n hart wat nie gesteur word deur 'n baba se huilerigheid nie. Sterkte aan Theron-familie. – Martha Gases
Dit is so wreed. Hoe maak jy 'n onskuldige baba seer? Veral so 'n oulike stukkie mens. Ek is 'n kinderoppasser al vir die afgelope 10 jaar. Ek het jonk begin en ek geniet dit nog steeds baie. Kinders is 'n geskenk van God. As jy nie lief is vir kinders nie, moenie met hulle werk nie. Mense wat met kinders werk, moet baie geduldig en opreg lief wees vir hulle. – Moziska Delport
Sy hoort in eensame aanhouding. Hou haar in die tronk, dis beter vir almal. – Stephan van Heerden
Is hierdie rassehaat wat te voorskyn kom? Gedink dit is iets van die verlede in ons wonderlike Namibië. Maar almal moet nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Daar is nog gevalle waar rassehaat te voorskyn kom tussen wit en swart en ek hoop dit kan in die kiem gesmoor word. – Jaco Greeff
“Druk om Zim-beroepslui se visums te hernu”:
Hier is genoeg opgeleide mense. Dit is 'n vermorsing van belastinggeld. – Willem Steenkamp

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie