Op die verhoog by Ekspo: DJ Cellos
Op die verhoog by Ekspo: DJ Cellos

Op die verhoog by Ekspo: DJ Cellos

Yandi Du Plessis
DJ CELLOS

Die plaaslike platejoggie is een van dié wat die ritme by die ekspo aan die gang gaan hou.

DJ Cellos, wat vir die eerste keer by die Namibië Toerisme Ekspo agter die draaitafel sal inskuif, sien uit om 'n aangename ervaring vir ekspogangers te skep.

Hy sê hy is baie opgewonde om deel te wees van so 'n wonderlike gebeurtenis. “Ek wil die NMH-groep bedank vir die uitnodiging. Mense kan uitsien na 'n lekker, rustige en verfrissende mengsel van die beste klanke wat tans bo aan die speellyste is,” beloof DJ Cellos.

Oor toerisme en vermaak wat oorvleuel, sê hy: “Albei hierdie bedrywe glo dat elke geleentheid, hetsy vir ’n ekspo-deelnemer of toeris, 'n onvergeetlike ervaring moet wees. Dus as ons ons talent, ervaring en kreatiwiteit kan kombineer om 'n platform te skep waar beide bedrywe verteenwoordig word, sal albei daarby baat en in die proses groei; met struikelblokke soos die Covid-19 in ag geneem.”

Alhoewel DJ Cellos die verantwoordelikheid het om ekspogangers agter die draaitafels te vermaak, erken hy dit is belangrik om interaksie met almal by sulke geleenthede te hê. “Dit is die belangrikste in albei hierdie bedrywe, dus sal ek seker maak dat ek met soveel mense as moontlik kommunikeer en voortbou op my huidige status as verhoogpersoonlikheid,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer