Op die spoor van die Woord
ETTEBAB SKRYF:
Hier is 'n paar van my eie gedagtes na aanleiding van die skrywes van JA Rossouw ("Moderne vertalings van die Bybel).
'n Boek wat interessante leesstof bied is In die begin was die Woord geskryf deur Gunther S. Wegener. Dit neem 'n mens terug na die 1500's, ou kloosters, die Moabitiese steen, ou skrifrolle en vele meer. Indiana Jones staan nie 'n kans nie.
Die boek vertel van die Torah, die Pentateug, Vulgaat, Septuagint, Kodekse en Keiser Konstantyn se Raad van Nicaea in 325 om die pad van die Bybel te probeer verstaan.
Dis duidelik dat sekere groepe mense keuses gemaak het oor watter skrifte in die Bybel moet wees. Die Katolieke Bybel sluit byvoorbeeld die aprokriewe boeke in.
Dit is gou duidelik dat om van een taal na 'n ander te vertaal, geen maklike taak is nie aangesien dit nie woord vir woord kan vertaal word nie. Daar moet weglatings, of byvoegsels wees, of 'n verwerking van 'n sin en dit kan baie implikasies hê.
Omdat die skrifte oorspronklik met die hand geskryf is (en bykomende tyd afgestaan is om die bladsye te versier en in sierskrif te skryf), sal baie oorskryffoute tog wel voorkom.
MOSES SE HORINGS
Genoemde boek (dele aangehaal) vertel oor die marmerbeeld van Moses deur Michelangelo. Op Moses se kop is twee horinkies.
Die horings is die gevolg van 'n fout. In Eksodus 34, oor Moses se ontmoeting met God, gebruik die Hebreeuse grondteks net konsonante en nie vokale nie. Die woord "KRN" is toe die teks later van vokale voorsien is, verander na "KEREN", wat "horing” beteken.
Die opvatting dat Moses toe hy van die berg afgekom het horings op sy kop gehad het, is deur die jare gehandhaaf en ook in die Vulgaat opgeneem.
“Maar toe meer tekse en vertalings later daarmee vergelyk is, moet die geleerdes ontdek dat die woord nie KEREN gelees moet word nie, maar KARAN en dit beteken 'glansend'." Meteens kry die Bybelwoorde 'n ander en heel verstaanbare betekenis.
JOSEF SE KLEED
Genesis 37:3 lui in die Interliniêre Bybel se Hebreeuse gedeelte “and he made for him a long coat the feet”.
Die 1983 Bybelvertaling: “en daarom het hy vir Josef lang klere met moue gemaak.”
Katolieke Bybel (The New American Bible): “ and he made him a long tunic.”
The New International Version: “and he made a richly ornamented robe for him.”
Bybel in Praktyk: “hy het vir Josef 'n lang kleed met moue gemaak.”
Laat dit jou nie dink aan hoe verskillende ooggetuies dieselfde ongeluk sal beskryf nie?
'n Mens moet ook kyk na die tradisies en gebruike van daardie tyd, hoe klere gelyk het en die betekenis van sommige klere.
GROOT SLAGTING
2 Samuel 10:18 handel oor Dawid en die Arameers.
Interliniêre Bybel: “and killed David from Aram 700 chariots and 40 000 horsemen.”
1983 vertaling: “Aram het egter vir Israel gevlug. Dawid het 700 man op strydwaens en 40 000 oorlogsperde van Aram om die lewe gebring.”
Katolieke Bybel: “and David's men killed 700 charioteers and 40 000 of the Aramean foot soldiers.”
New International Version: “But they fled before Israel and David killed 700 of their charioteers and 40 000 of their foot soldiers."
Sommige vertalings soos Septuagint stel 40 000 “Horsemen”.
Bybel in Praktyk: “Aram het egter vir Israel gevlug. Dawid het 700 man op strydwaens en 40 000 perde van Aram om die lewe gebring.”
Hulle maak seker 'n grap? 40 000 perde! Kan jy jou indink as 40 000 perde op loop moet gaan?
Ek is jammer, dit kan nie die perde wees wat in die slag bly nie, maar soldate wat vertrap word. Onthou ook die tipe wapens wat in daardie tyd gebruik is.
In 1 Kronieke 19:18 word as volg oor dieselfde geveg gerapporteer.
In Engelse vertalings word die 700 man op strydwaens nou sommer
7 000. Die voetsoldate se getal bly 40 000.
In die twee Afrikaanse vertalings word die 700 ook 7 000 en die
40 000 perde word voetsoldate.
Daar is in die Bybel die neiging om nulle by te voeg.
SKATRYK SALOMO
Volgens die Interliniêre Bybel se weergawes van 1 Konings 10 en 2 Kronieke 9 het die Tarsisvloot goud, silwer, ivoor, ape en poue gebring.
Die 1983 vertaling en Bybel in Praktyk sê goud, silwer, ivoor, ape en bobbejane.
Katolieke Bybel: Goud, silwer, ivoor, “apes and monkeys”.
New International Version: “Once every 3 years it returned carrying gold, silver and ivory and apes and baboons.”
Wat was die grondteks? Van waar die poue?
TRIPPEL SES
In 1 Konings 10:14 verskyn die getal 666.
Die getal het 'n negatiewe konnotasie vir baie as gevolg van Openbaring 13 en die “number of the beast”, tog lees die Engelse vertalings as volg: “The weight of the gold that Solomon received yearly was 666 talents.” Die twee Afrikaanse vertalings sê Salomo se jaarlikse inkomste aan goud het sowat 23 ton beloop.
En in Esra 2 was Adonikam se terugkeerlinge 'n netjiese 666.
Sommige meen die 666 van Openbaring verwys eintlik na Nero.
KINDERDAE SE VRAE
Daar is baie dele in die Afrikaanse Bybel wat my as kind vrae laat vra het. Ek was byvoorbeeld baie ontsteld dat my Sondagskool- (in daardie jare, vandag noem hulle dit “kategese”) juffrou gesê het ons is soos Jesus se skapies.
Ek het my ma ingelig ek weier om 'n skaap te wees, want hulle is dom. As een hardloop, hardloop almal en hulle weet nie eens hoekom nie. Hulle loop sommer net met hangkoppe.
Ek was vasberade dat ek 'n bok wou wees, want bokke is baie slimmer en hulle baklei vir hulself (en klim ook in bome hier in Afrika). Op my oupa se plaas in die Karoo was merino's en boerbokke.
Ek kon nie glo dat Jesus wou hê ek moes 'n “stupid” skaap wees nie.
(Het dit dalk iets te doen daarmee dat ek onder die teken van Aries gebore is?)
Later jare toe ek die skildery van Rembrandt sien van Moses met die kliptafels, met Hebreeus daarop, het ek dit ondanks die “kunstenaarsvryheid” bevraagteken. Ek het gewonder hoekom Rembrandt Hebreeus op die tablette aangebring het.
Dit skep verwarring, net soos die verbode vrug in die tuin van Eden wat skielik 'n appel geword het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie