Op die pynroete
WILLEM DE WET SKRYF:
Ek ry die Windhoek-Rehoboth-wynroete gereeld en is elke keer met myself in gesprek oor hoe die pad veiliger gemaak kan word.
Meeste van die tyd val jy in Windhoek of Rehoboth in ’n trein van voertuie in wat heel beskaaf en wetsgehoorsaam bly by die 120 spoedbeperking en ook redelik binne die padreëls bly, behalwe vir die jong aspirant Shumachertjies met die gejelde hare en donkerbrille, wat in die donker van die oggend met ’n raasgat Golf vir almal op die pad wil wys wat sy rammelkas kan doen.
Gewoonlik heel stigtelik. Tot jy by die eerste lorrie kom wat bult op 40 en anderkant af teen 80 kilometer per uur die rustigheid in ’n maalkolk laat verander. Die oomblik as daardie lorrie op die horison verskyn, begin alles tussen jou en die lorrie onrustig raak.
Flikkers kom aan en almal jaag om so gou moontlik by die blokkasie verby te kom. Spêrstrepe, geelstrepe, blindehoogtes, padreëls en ordentlikheid vlie alles by die venster uit en almal verander in doodsveragtende, selfmoordgedrewe maniakke met net een doel voor oë: om die lorrie in die kortste tyd moontlik in te jaag en verby te gaan. Al beteken dit ’n bloedspoor in die pad, stop jy nie voor jy nie verby is nie.
Kan ons nie reël dat lorries tussen 06:00 en 08:00 soggens nie die pad aandurf nie en smiddae tussen 16:00 en 18:00 ook nie.
Ons land het nie geld om die pad die hele pad ’n dubbelweg te maak nie, en as ons lorriebedryf bereid is om hul vertrek- en aankomstye so te beplan, kan ons 80% van die dood op die pad uitskakel, sonder dat dit vir iemand geld kos.
Die frustrasie wat spruit uit die 80 kilometer per uur blokkasies in spitstyd lei tot vele roekelose en lewensveragtende besluite wat gespaar kan bly.
Ons het tans padblokkades by beide ingange tot die roete en verkeer kan daar so gereël word, maar dit sal waardeer word as die vervoermaatskappye ook saam beplan, om te verhoed dat lorries by die beheerpunte opdam en daar onnodig tyd vermors word.
Net ’n voorstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie