Op die merke . . .
Verantwoording is ‘n tweesnydende swaard.
In demokrasie moet dieselfde, veronderstelde hoë eise aan die regerende party, sy leiers, administrasie en staatsdiens ook vir ander rolspelers geld. Dit sluit opposisiepartye, hul leiers en verteenwoordigers in.
Voortgesette klagtes oor verkiesingswetgewing en administrasie, die raadpleging van alle partye deur die Verkiesingskommissie (ECN), byvoorbeeld oor ‘n erg verouderde gedragskode en die elektroniese stemproses is vraagstukke waarvoor die opposisie ook moet pa staan. Daar is baie ander, soos die kwaliteit van wetgewing en parlementêre debat.
Die doel met die afgelope twee weke se tien vergelykende berigte oor partymanifeste was om kiesers met bruikbare inligting te bemagtig. Nog sleutelkwessies kon aangeroer word, maar die baie laat bekendstelling van manifeste en selfs afwesigheid daarvan het sake bemoeilik.
Is die dae van lang manifeste getel? Moet partye eerder inligting kort en puntsgewys in net tien of 15 aanlynbeelde deel?
Kiesveldtogte behoort beslis in 2024 drasties anders te lyk.
Eenkwessie- en eenleierpartye moet versigtig beoordeel word. ‘n Sterk en bevoegde opposisie is noodsaaklik vir ware demokrasie.
Namibië se Kieswet bevat geen voorskrif oor wanneer veldtogte moet eindig nie, maar die ECN vereis nietemin ‘n periode van 24 uur voor stemdag vir stemgeregtigdes om sonder die kakofonie van veldtogpolitiek oor hul besluite te kan nadink. Dit is belangrik.
Gebruik die "stiltetyd" vandag.
So sê ander
24 November 2019
Om vir almal se regte op te kom, só bou ’n mens
Toe Julius Malema in 2014 gedreig het met oorlog in Gauteng, en in 2016 gewaarsku het hy sal die regering van Jacob Zuma verwyder oor die “loop van ’n geweer”, het almal wat ook vyande van Zuma was, geswyg, want dit was polities gerieflik om dit te doen.
Teenstand teen Malema het eers begin oplaai toe hy ook Indiërs begin teiken het.
Maar ook swart rassisme is verkeerd.
Die ANC se ideologie van demografiese verteenwoordigendheid en die onkritiese napraat van die 80-9-9-2-formule is net uitgedaag deur kommentators wat bereid was om as “regs” verguis te word, terwyl die dapperste vegters teen raspolitiek nog nooit “regs” was nie.
Die liberales wat voor 1994 betoog het dat ras nie behoort saak te maak nie het ’n al hoe minder gewilde minderheid geword omdat hulle ook ná 1994 die rasdogma van die ANC bevraagteken het.
Die afgelope week het Jessie Duarte skielik gesê die ANC is “rassisties” en “stamgebonde” omdat die party swart mense voortrek en bruin mense miskyk. Duarte het slegs kapsie gemaak teen ANC-raspolitiek toe dit diegene begin affekteer het wat sy as haar “eie mense” beskou, net soos alarm dikwels ook eers oor Malema gemaak is deur mense wat aan groepe behoort wat die teikens van sy haat geword het.
’n Mens kan nie ’n land op so ’n grondslag bou nie. ’n Mens kan nie net vir ’n “beginsel” opkom wanneer jy of jou “groep” benadeel word nie. Dis tyd dat ons almal vir mekaar se regte opkom – álmal van ons.
• RAPPORT

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie