Oorwinning vir Dukwe-vlugtelinge

'Omstandighede verander egter nie'

02 August 2018 | Maatskaplik
Catherine Sasman



Botswana se hoërhof het verlede Woensdag beslis dat 'n stokkie gesteek word voor die uitlewe­ring van sowat 709 “Capriviese vlugtelinge” aan Namibië of aan die “Caprivi-strook”. Dít “tot die redes waarom hulle van Namibië moet vlug, nie meer bestaan nie”.

Die hof het ook gelas dat mnr. Felix Kakula en ander verwyder word van die Francistown-sentrum vir onwettige immigrante en na die Dukwe-­vlugtelingekamp moet terugkeer.

Regter Nthomwisa Nthomwisa het dié bevinding in die suidoostelike dorpie in Botswana gemaak, hangende 'n aansoek om hersiening wat die Caprivi-vlugtelinge na verwagting sal bring.

Dít kom ná die regering van Bo­tswana die vlugtelinge tot 11 Julie tyd gegee het om Botswana vrywillig te verlaat óf om onder dwang na Namibië terug te keer.

Die regering het hom op die opheffingsklousule van die Verenigde Nasies (VN) se Vlugtelingekonvensie van 1951 beroep, waarvolgens dié groep van hul vlugtelingstatus ontneem kan word en as onwettige immigrante beskou kan word.

NamRights se uitvoerende direkteur, mnr. Phil ya Nangoloh, het dié beslissing vandeesweek geprys.

“Ons loof die Botswana-regbank se politieke onafhanklikheid wat omstrede kwessies betref, soos dié wat verband hou met menseregte wat onder openbare internasionale reg val. Dieselfde kan beswaarlik van ons eie regbank gesê word – ten spyte van ons demokratiese grondwet,” het hy gesê.

NamRights, Botswana se Raad van Kerke en hul Sentrum vir Menseregte het ondersteunende verklarings aan die hoërhof voorgelê waarin hulle sê die politieke omstandighede in die Zambezistreek “het in wese nie verander” sodat die vlugtelinge teruggestuur kan word nie.

Volgens NamRights se voorlegging sal die vlugtelinge steeds vervolg word wanneer hulle na Namibië ­terugkeer omdat diegene wat sedert 1999 ­teruggestuur is op meer as 270 klagte vervolg is wat met die beweerde Caprivi-afstigtingsbeweging verband hou.

NamRights het gesê Namibië se regering wil die beweerde leiers na Namibië “teruglok” deur hul bereidwilligheid om hulle te ontvang “valslik” uit te spreek, terwyl hulle die mense eintlik wil vervolg op grond van hul lidmaatskap van die verbode United Democratic Party (UDP).

“(Die) omstandighede wat die vlugtelinge gedwing het om in 1998 Caprivi-­strook toe te vlug, duur voort en daarom kan en wil die betrokke vlugtelinge nie van die ­Namibiese owerhede, wat hul vaderland ­onwettig beset, se beskerming gebruik maak nie,” het NamRights se voorlegging gelees.

Die organisasie het verder gesê die Botswana-regering se herroeping van die groep se vlugtelingestatus was “onredelik en onregverdig”.

Hulle sê die VN se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge (UNHCR) het “verkeerdelik” verklaar dat 'n fundamentele verandering op grondvlak in die Caprivi-strook plaasgevind het, omdat vlugtelinge steeds lede van die verbode UDP bly en steeds op meer as 270 strafregtelike klagte vervolg kan word, wat met hoogverraad verband hou.

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

1 dag gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

1 dag gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

2 dae gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

2 dae gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

2 dae gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...