OORSPRONKLIKHEID RAAK NOOIT OUD
Lloyd Zandberg - Night Under the Stars (NUTS) sal weer op 2 Augustus plaasvind en verwelkom die jong en opwindende kunstenaar ML.
ML het deur die jare vir haar outentieke musiek en patriotisme bekendheid verwerf en is vandag een van die Namibiese kunstenaars wat haar plek behoorlik in die musiekbedryf gevestig het.
“My handelsmerk is outentiek, omdat dit my as persoon identifiseer, my invloede en waarvoor ek staan. Dit is bemagtigend en vars omdat oorspronklikheid nooit oud word nie,” sê ML. ML is ‘n gebore Namibiër, maar het gereeld as jong kind in onder meer Suid-Afrika en België gereis, en sy sê dit het haar bewus van patriotisme gemaak en wat dit beteken.
Sy beskou haarself as ’n musikale kunstenaar. Nie noodwendig meer van die een, of meer van die ander nie. Sy gebruik musiek om haar kuns aan die wêreld ten toon te stel.
“Musiek is nog 'n medium van kommunikasie en dit stel ons in staat om as kunstenaars ons kreatiwiteit te deel met diegene wat van ons musiek hou, en sodoende hulle te inspireer.”
“Patriotisme gee ons identiteit. As ons vir iets kan staan, veg vir waarin ons glo en lief wees vir wat ons is, dit definieer ons as ware patriotiese wesens, ” verduidelik sy.
ML rap en sing oor politiek, kultuur en die ekonomie. Onderwerpe wat volgens haar hoofsaaklik nie in die hoofstroommusiekbedryf gereeld gehoor word nie.
“Ek definieer my genre as Shambo-Pop wat uit die omgewing waarin ek grootgeword het spruit: moderne helde wat veg vir ons vryheid en vir my om, as 'n Namibiese vrou, vry rond te loop en toegang tot basiese maatskaplike dienste te hê,” voeg sy by.
ML se tweede album Independence Day word gewy aan diegene wat veg vir die bevryding en vooruitgang van die land.
“Ek het gedink dat ek my tweede album aan die Onafhanklikheid van Namibië sou wy om jong mense ook te inspireer, want hoewel ons vry is, moet ons harder werk om ekonomiese vryheid te bekom; iets wat ons daaglikse stryd in 'n onafhanklike land geword het.”
Met 'n graad in landbou-ekonomie en 'n meestersgraad in internasionale handelsreg en -beleid, beskou ML haarself as 'n akademiese presteerder wat ook deur haar musiek die belangrikheid van onderwys wil benadruk.
"Ek sê altyd, 'n gemiddelde Nigeriese kunstenaar het 'n graad en ek verwys na Nigerië, want hulle lei in die musiekbedryf in Afrika. Onderwys is belangrik vir almal, ook musikante," het sy gesê.
NUTS met ML beoog om 'n elektriese konsert vol ritmes en lirieke te wees, wat daarop gemik is om die lewens van Namibiërs te vier, vroue te bemagtig as die agente van verandering in 'n dinamiese samelewing.
Oor haar beplande optrede by NUTS sê ML haar opwinding is tasbaar.
“Belangstellendes kan uitsien na ’n heerlike aand, vol ongelooflike musiek en inspirerende lirieke wat jou behoorlik aan die dans gaan kry,” sluit sy mee af.
Toegang is N$20 en kaartjies kan by die deur gekoop word. Die show begin om 19:00 by die Goethe-Institut, Fidel Castrostraat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie