Oorplaatjies doring in vlees
Oorplaatjies doring in vlees

Oorplaatjies doring in vlees

Belanghebbendes in die kleinveebedryf sê die nuwe, verpligte elektroniese oorplaatjies se hoë koste gaan die bedryf verder knel.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Uitvoerders van kleinvee na Suid-Afrika sê hulle sukkel om die kloutjie by die oor te bring oor waarom dit van 1 September af verpligtend is om elektroniese oorplaatjies aan hierdie diere te sit, terwyl die bestaande metaalplaatjie voldoende identifisering bied.

Die nuwe oorplaatjies vir skape en bokke kos N$10,75 per stel en is volgens uitvoerders sowat “10 keer duurder” as die bestaande oorplaatjie wat dieselfde funksie vervul.

Suid-Afrikaanse abattoirs het intussen ook gepleit dat die Namibiese direktoraat veeartsenydienste (DVS) die besluit om hierdie oorplaatjies verpligtend te maak, sal heroorweeg.

Die South African Meat Industry Company, wat as onafhanklike, niewinsgewende maatskappy oudits en inspeksies vir Suid-Afrika se departement van landbou, bosbou en visserye doen, het namens abattoirs ‘n brief aan DVS in dié verband gestuur.

“Ons is deur verskeie abattoirs oor die nuwe vereiste vir die uitvoer van beeste, skape en bokke van Namibië na Suid-Afrika genader. Hulle het ons versoek om by u te pleit om die vereiste te laat vaar dat kleinvee binne 72 uur geslag word nadat dit in Suid-Afrika aankom.

“Die rede hiervoor is dat dit ’n reuse-impak van tot soveel as R1 per kilogram op karkaspryse sal hê, wat binne die huidige ekonomiese klimaat verwoestend sal wees,” sê dié maatskappy in sy brief aan DVS.

’n Bron binne dié bedryf, wat verkies om anoniem te bly, sê die oorplaatjies word verwyder wanneer die skape of bokke by die bestemming aankom om geslag te word.

“Dit word gehou tot ná die oudit gedoen is en dan word dit weggegooi. Met die nuwe oorplaatjies wat N$10,75 kos, beteken dit as 1 miljoen stuks kleinvee uitgevoer word, gaan N$10,75 miljoen se oorplaatjies op ashope in Suid-Arika beland,” sê hy.

Die South African Meat Industry Company sê in sy brief hy kan bevestig geen probleme word ervaar om die oudits uit te voer met die metaaloorplaatjies wat tans gebruik word nie.

Mnr. Jurgens Liebenberg, ’n uitvoerder van kleinvee, sê wanneer hy diere by veilings koop om na Suid-Afrika te neem, kos dit hom reeds N$40 per kop om die nodige bloedtoetse vir Brucella melitensis te doen. Suid-Afrika vereis dat hierdie toetse gedoen word wanneer kleinvee lewend daarheen uitgevoer word.

Hy sê met die nuwe oorplaatjies, wat 10 keer duurder is as die ou oorplaatjies, moet die uitvoerder meer as N$50 per skaap of bok bestee voordat die dier oor die grens mag gaan.

“In die permitvoorwaardes sê die Suid-Afrikaanse dieregesondheidsowerheid elke dier moet individueel geïdentifiseer kan word en die metaaloorplaatjie voldoen aan hierdie voorwaarde.

“Die plaatjie se nommer word saam met die betrokke dier se bloedmonster ingestuur vir kontrole en dit werk,” sê Liebenberg.

Dr. Natangwe Amuthenu, hoof- veeartsenybeampte by DVS, het by navraag gesê die direktoraat het die besluit geneem, aangesien Suid-Afrika as Namibië se handelsvennoot dié identifisering van diere vereis.

Hy het bevestig die direktoraat het die brief van die South African Meat Industry Company ontvang.

“Ons is besig om die klagtes te bestudeer en na die voor- en nadele te kyk,” sê hy.

Amuthenu het egter benadruk dat die finale besluit by Suid-Afrika as handelsvennoot berus.

Beeste word reeds geruime tyd as deel van die NamLits-stelsel vir individuele identifisering en naspeurbaarheid met elektroniese oorplaatjies gemerk.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%