Oornag ’n internetsensasie

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Ná ’n lang, harde dag se werk met ratkaste en enjins het ’n jong man van Okahandja ’n held en sosiale mediasensasie geword, ná die verspreiding van ’n video van hoe hy twee berugte misdadigers in Windhoek se strate op hul plek sit.
Die opname, wat teen gistermiddag reeds meer as 330 000 gekyk is, wys die dramatiese uitkoms nadat die 30-jarige Stefan Mans en sy kollegas JF van Eeden en Horst Hans drie boewe vasgekeer het nadat hulle toegang verkry het tot ’n kliënt se voertuig – terwyl sy in die bestuurdersitplek was.
Mev. Hannelie Koen-Rossouw het Woensdag omstreeks 16:00 vlugtig by haar motorhandelaar stilgehou vir advies oor ’n kleinerige probleem met haar motor. Skielik het drie mans na bewering glo haar agterdeur oopgemaak en daarna die bestuurder se deur.
’n Geskokte werknemer van die motorhandelaar het geskree toe sy dit sien gebeur. Dit het die aandag van haar kollegas getrek en die mans het dus weggehardloop toe hulle mense uit die gebou sien kom.
Van Eeden vertel hy het pas in sy kantoor gekom, toe hy sien sy foon lui aanhoudend. “My kollega het aangehardloop gekom en iets gesê van, ‘die mans’. Al wat ek kon uitmaak, was ‘kom, ons moet vir Stefan gaan ondersteun’.”
Toe Mans van die voorval hoor, het hy agter die mans aan gery, totdat hy te voet verder moes gaan toe die verdagtes oor ’n treinspoor verder af in die straat ontvlug het.
“Wat my die meeste verbaas het, was dat hulle net ’n kort entjie gehardloop het en van daar af kalm gestap, grappies gemaak en kardeure se handvatsels probeer oopmaak het soos hulle gestap het,” sê Mans. Hy het die polisie probeer bel terwyl hy hulle agtervolg het.
Sy kollegas, Van Eeden en Hans, het vooruit gery om die manne vas te keer. Dié ontmoeting het voor ’n meubelwinkel in die Suidelike Nywerheidsgebied gebeur.
“Aanvanklik was die ouens kalm, maar toe ons weier om hulle te laat wegkom voordat die polisie opdaag, het die situasie baie gou gespanne geraak,” het Hans vertel.
Hier is waar die video begin (wat ook op ons webwerf gesien kan word). Die ouer verdagte en Mans kan gesien word waar hulle handgemeen raak. ’n Tweede man kom by wat dreig om met ’n skerp voorwerp in te klim en hardloop na ’n vullisdrom om ’n glasbottel te vind. Van Eeden het die tweede man gegryp en die bottel uit sy hande gekry, terwyl Mans en die ouer man houe na mekaar mik.
Terselfdertyd is Hans agter die derde man aan, maar die jong man het in die geharwar weggeglip.
Van Eeden sê: “Toe die een wat ek gehad het, loskom en vir Stefan aanval, toe sê Stefan net hy sal dit hanteer. En hy het toe wragtig.”
Kalm en berekend, met vernuftige voetwerk en ’n venynige linkerhaakhou, het Mans die twee mans op ’n afstand gehou.
Die voorval het glo nog lank nadat die video eindig, aangehou. Die twee groepe asook ’n groot groep omstanders het saam beweeg en van tyd tot tyd gebots namate die twee misdadigers met bottels en bakstene hul pad probeer oopveg het om in ’n nabygeleë rivierloop te ontsnap.
Mans sê: “Wat baie aanmoedigend was, was hoe die mense wat daar was vir die ouens gesê het as hulle ’n baksteen gooi of iemand met ’n bottel steek, sal hulle met die massa te doen kry.
“Dit was ’n stryd en totaal uitputtend, maar gelukkig het ’n polisieman ons gevind en bystand van die spesiale veldmag se kantoor gekry.”
Die twee verdagtes is in hegtenis geneem, maar is glo later vrygelaat omdat geen klag teen hulle ingedien is nie. Dit word beweer dat Rossouw te skok was deur die voorval om die klag daai tyd te maak, maar Republikein kan bevestig dat ’n klag wel gister teen die mans ingedien is.
Toe Mans gevra is of hy bang was tydens die insident, het hy laggend geantwoord: “Ja, maar meer oor wat my vrou en my baas sou sê.
“Gelukkig was my baas in sy skik dat ons ingegryp het om ’n kliënt te beskerm. Sedert die openbare reaksie is my vrou ook verlig dat soveel mense oral in die land hierdeur bymekaar gebring is en dat die voorval nie erger handuit geruk het nie.
“Dis nie net omdat dit ons kliënt was nie, maar ek moet sê dat wanneer jy by ons koop, is jou vuiligheid in die warranty ingesluit.”
As lid van die Okahandja buurtwag en ’n polisiereservis in opleiding, is Mans se verbintenis tot sy medemens in woord en daad duidelik. “Ons moet saamstaan, betrokke raak en nie net toekyk hoe misdaad gebeur nie.”
Oor beweringe dat die mans hom gedreig het, sê Mans hy staan by sy optrede en sal nie vir misdadigers terugstaan nie.
“Maar soos ek nou lyfseer voel, moet hulle my omtrent ’n week gee, dan kan ons weer probeer,” sê hy met ’n glimlag.

Kommentaar

Republikein 2024-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.73 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 26.99 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.65/OZ UP +0.77% | Copper US$ 4.59/lb UP +1.38% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.27/BBP UP +0.94% | Platinum US$ 961.43/OZ UP +0.58% Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.73 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 26.99 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.65/OZ UP +0.77% | Copper US$ 4.59/lb UP +1.38% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.27/BBP UP +0.94% | Platinum US$ 961.43/OZ UP +0.58%