Oorledenes in ambulansongeluk bekend

04 February 2020 | Ongelukke
Francoise Steynberg - Die polisie het die name van die slagoffers in ’n ambulansongeluk Vrydagaand in die Kunenestreek bekend gemaak.

Volgens die weeklikse misdaadverslag is mee. Kaupyu Ndunge (46), Katjijatatua Hembinda (29), mnr. Sylvester Isaaks (34) en ’n dag oue babaseuntjie dood toe ’n bakkie van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste deur ’n rivier weggespoel is.

Die voorval het omstreeks 21:30 in die Oukongo-nedersetting plaasgevind toe die voertuig van die Epupa-kliniek af deur ’n rivier gery het en deur die water meegesleur is. Die nedersetting is sowat 6 km van Opuwo af.

“Daar was nege passiers en ’n pasgebore baba aan boord. Die ambulansbestuurder, twee passasiers en die baba is dood, maar sy liggaampie is nog nie gevind nie,” het adj.komm. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.

“Die oorlewendes is na die Opuwo-staatshospitaal vir ’n mediese ondersoek geneem en hul toestand word as stabiel beskryf,” het Shikwambi gesê.

Volgens Nampa is drie van die oorlewendes verpleegsters.

Die slagoffers se naasbestaandes is van hul sterftes ingelig en die polisieondersoek duur voort.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

6 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

6 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

6 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

6 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

6 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

6 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...